Janita Claassen, gebore Janita Sarie Redelinghuys (30 April 1947 – 24 Oktober 2005) was 'n Afrikaanse sangeres wat gereeld saam met Manuel Escorcio opgetree het. Sy is op 58-jarige ouderdom na 'n 10-jaar lange stryd weens long- en keelkanker oorlede.Janita Claassen verloor stryd teen kanker, besoek op 5 Maart 2010. Van haar treffers sluit in Rolbos, My Danklied, Wilde Aalwyn, Meisiekind en Hoor jy die Klokke.
Loopbaan Janita maak haar professionele debuut in 1980 en neem in 1988 haar duetalbum "Liefde Immergroen" saam met Manuel Escorcio op.
In 1989 ontvang Manuel & Janita 'n Goue plaat-toekenning vir die album. Hierdie goue plaat-toekenning is deur Manuel aan die legendesmuseum geskenk.
Tussen 1988 en 2005 het Manuel en Janita meer as 500 konserte saam aangebied.
Dood en nalatenskap Kanker is in 1996 by Janita gediagnoseer. Janita is in 2005 oorlede.
Op 26 Januarie 2020 is Janita ingehuldig as 'n legende in die Suid-Afrikaanse legendesmuseum.
Diskografie Manuel & Janita – Ons Beste Treffers, SELBCD811 2009 SELECT Grootste Treffers 1980–2005, SELBCD598 2005 SELECT Wilde Aalwyn, SELBCD412 2002 SELECT Janita, SELBC 302 1998 SELECT My Danklied, SELBC 261 1997 SELECT Grootste Treffers Ooit, SELBCD255 1997 SELECT Hoor Jy Die Klokke Lui?, SELBCD214 1992/1995 SELECT Grootste Treffers Volume 3, SELBCD183 1993 SELECT Die Heer Is My Herder, SELBCD158 SELECT Wie Sal Weet? (LP) SELB 153 1991 SELECT Grootste Treffers Vol 2, 1991 Gewildste Duette (met Manuel Escórcio), SELBCD113140 1991 SELECT Weer Saam (LP), SELB 140 1990 SELECT Janita (LP), SELP 137 1990 SELECT Grootste Treffers Vol 1, SELBCD135 SELECT Wense, 1989 Op Haar Beste (LP), CBK7084 1988/1991 TRANSISTOR Oorwinter, SELB108 1988 SELECT Liefde... immergroen, 1987 SELECT Meisiekind, 1986 Ballonne LP, CBK7041 1985 TRANSISTOR Ballonne / Rendezvous 7", CBK 635 1985 TRANSISTOR Janita, 1983 Jannetjie Wipmannetjie, 1982 Transkripsieplaat, 1982 Madaliefie 7", 1980
Verwysings
Sien ook Afrikaanse musiek Suid-Afrikaanse Musikante
Eksterne skakels Hardloop My Kind - Janita Claassen Kwela - Janita Claassen Noot Vir Noot 1993 - Janita Claassen Sanlam Musiek Fees - Janita Claassen
Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Geboortes in 1947 Kategorie:Sterftes in 2005