Arno Jordaan (gebore 19 Februarie 1984) is 'n Suid-Afrikaanse sanger van Afrikaanse musiek. Hy is in 2003 aangewys as naaswenner in kykNET se sangkompetisie, Zing, waar hy saam met sy mededeelnemer, Susan, duette gesing het.Arno Jordaan gaan goud, ATKV se webwerf, besoek op 5 Maart 2010. Van sy treffers sluit in: Daar is plek vir jou by my, In Die Donker en Aan jou vas.
Diskografie Gee My, 2008 RAMKAT MUSIEK Beste Afrikaanse Hits, 2008 EMI Wil Jy Iets Sê?, 2007 EMI Ek Wil Jou Hê!, 2006 EMI Vir Altyd In Jou Drome (duetalbum met Susan), 2003 EMI
Persoonlike lewe Jordaan is getroud met Lizanie en saam het hulle twee kinders.
Verwysings
Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musikante
Eksterne skakels Arno Jordaan se amptelike webwerf
Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Geboortes in 1984 Kategorie:Lewende mense