Die 2010 Super 14-seisoen het in Februarie 2010 afgeskop met voorseisoenwedstryde wat van middel Januarie gespeel is. Die kompetisie het op 30 Mei ten einde geloop. Die 2010-seisoen was die vyfde en laaste van die vergrote Super 14 formaat van die kompetisie. Die skedule het oor ’n tydperk van 3½ maande gestrek met 94 wedstryde wat gespeel is, waarvan elke span een keer teen elk van die dertien ander spanne gespeel het (in ’n rondomtalietoernooi) plus twee halfeindrondtes en een eindrondte. Elke span het een loslootjie oor die veertien rondtes gehad.
Tabel
Tabel notas Pos = Tabel Posisie S = Speel W = Wen (4 punte) G = Gelykop (2 punte) V = Verloor (0 punte) PV = Punte vir (Totale punte aangeteken) PT = Against (Totale punte afgestaan) +/- = Punteverskil (Die totaal van PV minus PT punte) BP = Bonuspunt Spanne kan tot twee bonuspunte in 'n rondomtaliewedstryd verdien. Een bonuspunt word toegeken vir 'n span wat vier of meer drieë gedruk het in een wedstryd, ongeag die uitslag van die wedstryd. 'n Bonuspunt sal ook toegeken word aan die verloorspan wanneer daardie span met 7 of minder punte verloor. Slegs die verloorspan kan 'n maksimum van 2 bomuspunte verkry. Pte = Alle punte wat bymekaar gemaak is
Skeidsregters Die skeidsregters in hierdie toernooi kom van al drie deelnemende lande. Skeidsregters word geplaas op 'n Meriete- en Reserwepaneel. Hulle kan bevorder of teruggesit word na 'n ander paneel. Ten minste tagtig persent van die Super 14-wedstryde sal deur skeidsregters van die Merietepaneel hanteer word.
Australiese Skeidsregters Stuart Dickinson (Merietepaneel) Steve Walsh (Reserwepaneel) Ian Smith (Reserwepaneel) Nathan Pearce (Reserwepaneel) Paul Marks (Reserwepaneel)
Nieu-Seelandse Skeidsregters Bryce Lawrence (Merietepaneel) Chris Pollock (Merietepaneel) Keith Brown (Merietepaneel) Garratt Williamson (Reserwepaneel) Jonathan White (Reserwepaneel) Vinny Munro (Reserwepaneel)
Suid-Afrikaanse Skeidsregters Craig Joubert (Merietepaneell) Jonathan Kaplan (Merietepaneel) Marius Jonker (Merietepaneel) Mark Lawrence (Merietepaneel) Jaco Peyper (Reserwepaneel) Pro Legoete (Reserwepaneel)
Wedstryddatums DatumDatumWeek 112–13 FebruarieWeek 99–10 AprilWeek 219–20 FebruarieWeek 1016–17 AprilWeek 326-27 FebruareWeek 1123-24 AprilWeek 45–6 MaartWeek 1230 April & 1 MeiWeek 512–13 MaartWeek 137–8 MeiWeek 619–20 MaartWeek 1414–15 MeiWeek 726-27 MaartHalfeindronde21–22 MeiWeek 82–3 AprilEindronde29 Mei Nota: Afskoptye is in die land waar die wedstryd gespeel is
Week 1 Geen dagligbesparing in Perth & Brisbane.
’n Superrugbyrekord is opgestel toe die Hurricanes 9 strafdoele in die wedstryd oorgeskop het, 5 deur Willie Ripia en 4 deur Piri Weepu.
Stirling Mortlock het die eerste speler geword wat meer as 1 000 superrugbypunte kon aanteken en het hierdie wedstryd afgesluit op 1 005 punte.
Week 2 Geen dagligbesparing in Brisbane.
Hierdie wedstryd het verskeie Superrugbyrekords oortref waaronder die hoogste gemiddelde telling in 'n enkele wedstryd (137 punte), die hoogste telling deur 'n span wat nie tuis speel nie (72 punte) en die meeste drieë in 'n enkele wedstryd (18).
Week 3 Geen dagligbesparing in Perth & Brisbane
Week 4
Loslootjie: Bulls, Force
Week 5 Geen dagligbesparing in Brisbane
Loslootjie: Cheetahs, Blues
Week 6 Geen dagligbesparing in Perth
Loslootjie: Chiefs, Reds
Week 7 Geen dagligbesparing in Perth
Loslootjie: Crusaders, Stormers
Week 8 Paasnaweek Geen dagligbesparing in Perth Sondag 4 April eindig dagligbesparing in Australië en Nieu-Seeland.
Loslootjie: Brumbies, Lions
Week 9
Loslootjie: Hurricanes, Sharks
Week 10
Loslootjie: Highlanders, Waratahs
Week 11
Week 12
Die uitslag van hierdie wedstryd was beslissend in die opsig dat die Stormers die eerste Suid-Afrikaanse span geword het wat al vyf Nieu-Seelandse spanne in een Superrugbyseisoen kon klop.
Week 13
Die uitslag van hierdie wedstryd het veroorsaak dat die Lions die rekord vir die meeste agtereenvolgende verliese in een Superrugbyseisoen gebreek het.
Week 14
Uitspeelwedstryde
Halfeindronde
Eindronde
Spelerstatistieke
Voorste driedrukkers Top 15 driedrukkers (Statistiek)PosNaamDrieëGespeelSpan 1 Drew Mitchell 9 14 Waratahs Joe Rokocoko 9 13 Blues3 Gerhard van den Heever 8 13 Bulls 4 Ben Alexander 7 13 Brumbies Jaque Fourie 7 15 Stormers Sean Maitland 7 14 Crusaders Bryan Habana 7 14 Stormers Rene Ranger 7 13 Blues David Smith 7 11 Hurricanes Francois Hougaard 7 12 Bulls 9 Alby Mathewson 6 13 Blues Zac Guildford 6 14 Crusaders Ma’a Nonu 6 13 Hurricanes Michael Killian 6 12 Lions Lachlan Turner 6 14 Waratahs
Voorste puntemakers Top 9 voorste puntemakers (Statistiek)PosNaamPunteGespeelSpan1Morné Steyn263 (5 Drieë, 38 Doel, 51 Straf, 3 Skep) 14 Bulls2Quade Cooper171 (5 Drieë, 31 Doel, 27 Straf, 1 Skep) 13 Reds3Dan Carter153 (1 Drie, 26 Doel, 30 Straf, 2 Skep) 13 Crusaders 4Stephen Brett141 (2 Drieë, 28 Doel, 23 Straf, 2 Skep) 13 BluesPeter Grant141 (1 Drie, 20 Doel, 32 Straf) 14 Stormers6Matt Giteau136 (1 Drie, 25 Doel, 26 Straf, 1 Skep) 12 Brumbies7Stephen Donald129 (2 Drieë, 22 Doel, 25 Straf) 10 Chiefs 8Naas Olivier112 (1 Drie, 19 Doel, 21 Straf, 2 Skep) 12 CheetahsRuan Pienaar112 (3 Drieë, 17 Doel, 20 Straf, 1 Skep) 13 Sharks
Sien ook Super 14 konsessie-areas
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Sport in 2010 Kategorie:Superrugby