Andriëtte Norman (gebore 17 Oktober 1987, Brackenfell, Kaapstad, Suid-Afrika), ook bekend as Andriëtte, is 'n Afrikaanse sangeres. Sy het al verskeie kere tydens KKNK en Huisgenoot-Skouspel opgetree. Van haar treffers sluit in: "Napoleon" (geskryf deur Steve Hofmeyr), "Dinge" en "Sewe Oseane" (geskryf deur Rudi Claase), "Storm in my hart" (geskryf deur Munro du Toit) en "Dink aan my".
Norman is in 2007 aangewys as die naaswenner in die Suid-Afrikaanse TV-sangkompetisie Idols. Haar debuutalbum, Diamant, is in 2008 vrygestel. In 2009 palm sy 'n Vonk-prys vir Beste Kontemporêre Vroulike album in. Haar tweede album, Dink aan my is in 2009 uitgegee en haar derde, Vat my hoër, in 2011. In 2014 ontvang sy 'n Ghoema-toekening in die kategorie Beste Kontemporêre Vroulike album vir die album Wat rym met liefde.
Uitbeelding Sy matrikuleer in 2004 aan Hoërskool Brackenfell in Kaapstad, Suid-Afrika.
Loopbaan Norman bring na hoërskool haar beroepsloopbaan as skoonheidsterapeut op die been, maar vestig haar aandag voltyds op sang nadat sy in 2007 'n tweede plek in die Idols-sangkompetisie behaal het.
"Sewe oseane" "Sewe oseane" is deur Rudi Claase geskryf. 'n Nederlandse weergawe van hierdie liedjie is ook deur Belinda Kinnaer opgeneem.
Diskografie Ateljeealbums 2008: Diamant 2009: Dink aan my 2011: Vat my hoër 2013: Wat rym met liefde 2015: Pêrel vir 'n kroon 2020: Hartsland
Versamelalbums 2007: Idols Season 4: Love Is All Around
Verwysings
Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musikale kunstenaars
Eksterne skakels
Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Geboortes in 1987 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaanse sangers Kategorie:Afrikaners