Die nasionale vlag van Barbados is op 30 November 1966 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon drie ewe breë vertikale bane met blou aan die vlagpaalkant en die wapperkant en ’n geel baan in die middel. In die geel baan is ’n swart gebroke drietand.

Simboliek Die twee blou bane stel onderskeidelik die see en die lug voor en die geel baan stel die sand op die strande van Barbados voor. Blad van die regering van Barbados oor die vlag

Die simbool in die middel van die geel baan is die Drietand van die Mitiese seegod, Neptunus. Hierdie simbool pryk ook op die Sëel van die kolonie wat deur die wapenskild van Barbados vervang is. Die gebroke staaf van die Drietand dui op die band wat gebreek is met die land se historiese en grondwetlike bande as ’n voormalige kolonie.

Ander vlae

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Barbados by Flags of the World.

Kategorie:Barbados Barbados