Die nasionale vlag van Belize is op 21 September 1981 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n vertikale tweekleur in drie bane in (van bo na onder) rooi, blou en rooi. Die blou baan is heelwat breër as die rooi bane en in die middel daarvan is ’n wit skryf met die wapenskild van Belize.
Simboliek Die vlag is die simbool van die eenheid van Belize. Regering van Belize (2006): Die Nasionale Simbole , URL besoek op 19 Junie 2007. Die nasionale leuse, Sub umbra floreo ("Ek floreer in die skadu"), staan ook op die vlag.
Ontwerp Die vlag van Belize bevat twaalf kleure, wat uniek is vir ’n nasionale vlag: dit is drie meer as die volgende meeste. Belize se vlag is ook die enigste van ’n land waarop mense voorgestel word (op die vlae van Montserrat en die Britse Maagde-eilande, word ook mense voorgestel maar dit is Britse afhanklike gebiede).
Ander vlae
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Belize by Flags of the World.
Kategorie:Belize Belize