Dozi (gebore Hendrik Christoffel Opperman op 23 Maart 1964) is 'n Suid-Afrikaanse sanger wat oor kultuurgrense bekend is vir sy Afrikaanse, Engelse en Zoeloe optredes. Van sy treffers sluit in: Ou Ryperd ('n heropname), Tussen Jou en My, Staan Net 'n Bietjie Stil en Maybe my Baby.

Dozi is gebore in Hluhluwe in Natal en het al op 'n vroeë ouderdom begin sing. In 1999 word sy eerste album, "Mercy", vrygestel. Die album is in Zoeloe opgeneem. Sy tweede album, "Op Aanvraag", word in 2001 in Afrikaans uitgegee.

Diskografie Albums vrygestel: Mercy, 1999 (debuut album) Op Aanvraag, 2001 Storm op die Horison, 2001 Siyaya... Ons gaan, 2003 Rockin' the world, 2003 Dozi Live in the Rendezvous (DVD), 2004 Kruispad, 2004 Grootste Treffers, 2006 Kom ´n Bietjie Binne, 2006 Wat Kom Nou?, 2007 Creedence Clearwater Revival, 2008 Voel So Reg, 2009 It Takes Two (saam met Nianell), 2009 Voel so reg, 2009 2 Vir Een, 2010 Terug by die begin, 2011 Rockin' The World 2 (CD), 2012 Icon, 2014 Hande Vol Genade (CD), 2014 20 Goue Rock 'n Roll Treffers (CD), 2015 Vrede, 2020 Rusbanksessies, 2020

Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musikante

Eksterne skakels Dozi se amptelike webtuiste

Kategorie:Afrikaanse sangers Kategorie:Geboortes in 1964 Dozi Kategorie:Lewende mense