Anneli van Rooyen (gebore 25 Februarie 1961) is 'n bekende Afrikaanse sangeres. Sy is in 1979 as die algehele wenner van die ATKV se Crescendo aangewys. Van haar treffers sluit in: Sewe sakke sout, Neem my op vlerke, Seemeeu!, Ek lewe en Seënbede.

Van Rooyen ly aan trigeminale neuralgie, 'n toestand wat tot ernstige pyn aan die regterkant van haar gesig lei. Sy het al verskeie breinoperasies ondergaan om die toestand te behandel.

Op 26 Januarie 2020 is Anneli ook ingehuldig as 'n lewende legende in die Suid-Afrikaanse legendesmuseum. Sy was een van slegs 20 legendes van wie daar ook 'n borsbeeld gemaak is.

Diskografie Neem My Saam, 1980 Ken Jy My?, 1982 Kleinverlang, 1983 Ek Wil Jou Ken, 1984 Ek Lewe, 1986 Vanaand Gaan Die Volkies Koring Sny, 1988 Soos Ou Vriende, 1988 Voel Die Lewe, 1989 Ek Glo, 1990 Daar´s Musiek, 1992 Meer En Meer, 1996 Treffers Op Versoek, 1998 Halleluja, 2002 Seënbede, 2003 Weerklink Halleluja, 2003 Nogtans sal ek sing, 2015

Verwysings

Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musikante

Eksterne skakels Van Rooyen se Facebook-bladsy

Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Geboortes in 1961 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaanse sangers