Bobby van Jaarsveld (gebore 6 Maart 1987) is 'n Afrikaanse sanger en akteur. Van sy treffers sluit in: Spieëltjie en Waar is jy.
Van Jaarsveld speel 'n hoofrol in 'n Ster-Kinekor rolprent, Liefling, wat in 2010 vrygestel is.Bobby van Jaarsveld - almal se liefling, Sarie, Augustus 2009
Sy suster Karlien van Jaarsveld is ook 'n sangeres in eie reg.
Biografie Pieter van Jaarsveld is op 6 Maart 1987 in Paarl, Suid-Afrika, gebore. Hy het die bynaam Bobby by sy pa gekry. Hy is die middelste van 3 kinders (sy susters is Karlien en Cara).
Bobby was in 7 verskillende laerskole, waarna hy sy hoërskoolloopbaan by die Hoërskool Brits begin en voltooi. Hier neem hy aan talentkompetisies deel en ontwikkel 'n liefde vir die musiekbedryf. Hy slaan sy eerste CD-kontrak in Graad 11 los, en sy eerste soloalbum word vroeg in sy matriekjaar uitgereik.
Hy is op 7 Januarie 2011 met sy skoolliefde, Annatjie Rheeders, in die eg verbind. Hulle het twee seuns, Sion (gebore 24 Oktober 2011) en Leben (gebore 20 Desember 2012) en 'n dogter, Armani (gebore 7 Maart 2016).
Pryse
Bobby het tot op hede 'n reeks pryse ontvang vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek.Toekennings
Jaar Beskrywing Prys 2006 Huisgenoot Tempo Toekennings Beste Nuweling 2010 KykNet DKNT Gunsteling Kunstenaar vir 2009 2010 SAMA Toekennings Beste Afrikaanse Kontemporêre Album: Net Vir Jou 2010 Huisgenoot Tempo Toekennings Beste Afrikaanse Liedjie: Spieëltjie 2010 Huisgenoot Tempo Toekennings Beste Afrikaanse Kontemporêre Album: Net Vir Jou 2010 Vonk Toekennings Beste Manlike Kunstenaar 2010 Vonk Toekennings Beste Afrikaanse Kontemporêre Album: Net vir jou 2010 Vonk Toekennings Beste Oorspronklike Liedjieskrywer 2010 Vonk Toekennings Beste Afrikaanse Liedjie: Spieëltjie 2011 MK Toekennings Beste Solo Album: Net Vir Jou 2011 MK Toekennings Beste Kontemporêre Liedjie: Spieëltjie 2011 Huisgenoot Tempo Toekennings Mees Gewilde Manlike Kunstenaar 2011 Jacaranda 94.2 Toekennings Mees Gewilde Manlike Kunstenaar 2012 Ghoema-toekennings Liedjie van die Jaar: Kan Ek Met Jou Praat 2012 90.6 FM Stereo Toekennings Top 15 Kunstenaar 2012 Huisgenoot Tempo Toekennings Mees Gewilde Manlike Kunstenaar 2013 Ghoema-toekennings Beste Musiekvideo: 'n Vrou Wil Dit Hoor 2013 Ghoema-toekennings Beste Manlike Kontemporêre Album: Wat Geld Nie Kan Koop Nie 2013 Ghoema-toekennings Manlike Kunstenaar van die Jaar 2013 Ghoema-toekennings Liedjie van die Jaar: 'n Vrou Wil Dit Hoor 2013 Huisgenoot Tempo Toekennings Album van die Jaar - Wat Geld Nie Kan Koop Nie 2013 Huisgenoot Tempo Toekennings Musiekvideo van die Jaar - 'n Vrou Wil Dit Hoor 2013 Huisgenoot Tempo Toekennings Liedjie van die Jaar - 'n Vrou Wil Dit Hoor 2014 Ghoema-toekennings Beste Musiekvideo - EENS IN ‘N LEEFTYD met Riana Nel 2014 Huisgenoot Tempo Toekennings Liedjie van die Jaar 2015 Ghoema-toekennings Beste Pop-Album deur 'n Manlike Kunstenaar - Maak 'n Wens 2015 Ghoema-toekennings Manlike Kunstenaar van die Jaar 2015 Ghoema-toekennings Album van die Jaar - Maak 'n Wens
Diskografie
Duisend ure, 2007 Net vir jou, 2009 Wat geld nie kan koop nie, 2009 Liefling-klankbaan, 2010 Genees hierdie land, saam met Tania Strauss, 2010 Maak 'n wens, 2014 Die eerste 10 jaar, 2015 Ken jy Talina? Vat my saam
Filmografie Liefling (rolprent), 2010 As jy sing, 2013 Televisie Die Vlieënde Springbokkie,2020
Verwysings
Sien ook Afrikaanse musiek Lys van Suid-Afrikaanse musikante
Eksterne skakels
Bobby van Jaarsveld op YouTube
Van Jaarsveld, Bobby Kategorie:Afrikaanse sangers Kategorie:Suid-Afrikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu Kategorie:Geboortes in 1987 Kategorie:Afrikaners Kategorie:Lewende mense