Mathys van As Roets (gebore 6 Junie 1966) is 'n Afrikaanse sanger.
Roets is op 6 Junie 1966 in Krugersdorp gebore. Hy tree ook saam met Kevin Leo en Danie Niehaus onder die verhoognaam Drie van die Bestes op.
Roets was op 6 April 2009 in 'n ernstige motorfietsongeluk betrokke op pad na die KKNK op Oudtshoorn. Hy het 'n rugbesering opgedoen wat hom permanent in die onderlyf verlam gelaat het.
Hy is ook mede-aanbieder van KykNET se leefstylprogram, Kamp dit uit, waar hy saam met Alexa Strachan toer. 'n Woonwa is spesiaal vir hom ingerig om rolstoel-toeganklik te wees.
Diskografie Nokturne, 1996 A life in song, 1997 Brug na nêrens, 2000 Hy's ons man, 2000 Die tyd sal leer, 2002 Sings Leonard Cohen (DVD), 2005 Fluister, 2007 The very best of Cat Stevens, 2008 The very best of Roger Whittaker, 2008 The very best of Neil Diamond, 2008 My storie (DVD), 2009 In retrospeksie, 2009 Reën, 2020
Verwysings
Sien ook Afrikaanse musiek Lys van Suid-Afrikaanse musikale kunstenaars
Eksterne skakels Roets se amptelike webwerf
Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in die 20ste eeu Kategorie:Afrikaanse sangers Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1966