Irene van Wyk (* 24 September 1965 – † 12 Oktober 2009) was ’n Afrikaanse sangeres wat veral geestelike liedjies gesing het. Sy was vantevore met die musiekpromotor Louis van Wyk getroud gewees. Sy was ook ’n mede-aanbieder op KykNET se skinderprogram, Glitterati gewees.
Van Wyk is op 12 Oktober 2009 in 'n motorongeluk op die R50 naby Delmas oorlede.Botsing eis lewe van Irene van Wyk, Die Burger, 14 Oktober 2009
Diskografie Lyne Van Jou Lyf – Ons Geliefde Sterre Sing Saam met Irene, 2009 In U Spore, 2007 Lyne Van Jou Lyf – Duette, 2005 18 Gewildste Treffers, 1999 Evergreen, 1997 Vrou/Woman, 1996 Die Ander Ek, 1994
Verwysings
Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musikante
Eksterne skakels
Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Geboortes in 1965 Kategorie:Sterftes in 2009