Jak de Priester is 'n Afrikaanse sanger en skrywer. Hy is in 2002 deur die ATKV as wenner van die Crescendo-sangkompetisie aangewys. Van sy treffers sluit in: Sally Williams Nougat en Groen Mamba. Hy het ook die temalied van KykNET se sepie, Binnelanders geskryf en gesing.http://jakdepriester.co.za/jak/
Loopbaan Jak de Priester word as Jako RouxOberholzer, Analene “Ken jy die bekende Afrikaanse kunstenaars se regte naam?” “Huisgenoot” 17 Februarie 2016 in Parys in die Vrystaat gebore, waar hy sy laerskoolopleiding aan die Laerskool H.F. Verwoerd ondergaan en op die hoërskool op die dorp matrikuleer. Na skool studeer hy eers drama aan die Universiteit van Pretoria, maar skakel dan oor na gewone B.A.-studies. Hy verwerf ’n B.A.-graad en Hoër Onderwysdiploma, met Duits en Frans as onderrigvakke.
Hierna spandeer hy tyd in Londen in Engeland, waar hy woon en vir twee jaar onderwys gee in Frans en Duits. Tydens ’n vakansie in Europa raak hy betrokke in kinderteater in Nederland en woon vir ’n ruk in Purmerend in Amsterdam, waar hy saam met die dramageselskap toer. Terug in Suid-Afrika wend hy hom hoofsaaklik tot musiek en in 2002 wen hy Crescendo en maak daarna groot opgang in die musiekbedryf.
Sy debuutalbum, Sally Williams Nougat verower in 2003 die Geraas-toekenning vir Beste Nuweling, terwyl Strate van my hart in 2004 genomineer word vir die Geraas-toekenning vir Beste Manlike Kunstenaar. In September 2004 word hy genooi om by die Huisgenoot Skouspel in Sun City se Superbowl op te tree, wat hom bekendstel aan feitlik die hele land en sy loopbaan ’n groot stoot vorentoe gee.
Die album Brooklyn Poet verskyn in 2005, Groen mamba in 2009 en Die liefde los ’n spoor in 2011. Hy skryf en sing ook die temalied van die gewilde televisiereeks Binnelanders. Hy komponeer self sy liedjies en skryf ook al die lirieke. In 2008 haal Anthonie Bougas se (Afrikaanse) weergawe van sy liedjie Sally Williams Nougat die Top 40 van die Britse radiostasie Radio Big L.Lamprecht, Leon-Ben en Cloete, Henry “Afrikaanse liedjie haal Top 40 in Brittanje” “Die Burger” 16 Januarie 2008
Jak de Priester is ook verantwoordelik vir die temalied van die kykNET-televisiereeks, Binnelanders, 10 uit 10 en Reis na Gister, waarvan hy ook die aanbieder is. Die reeks het bestaan uit vyf seisoene, met 'n sesde seisoen wat in 2020 afgeskop het. Die reeks het vir hom in 2015 'n nominasie as Aanbieder van die Jaar besorg. In 2017 skryf Jak die temalied vir die Afrikaanse rolprent, Hoener Met die Rooi Skoene, en vier van sy liedjies is gebruik as deel van die rolprent, Semi-Soet, se klankbaan.
Persoonlike lewe Vir ses jaar bly hy in Brooklyn in Pretoria, maar koop dan ’n huis in Lyttelton, waarheen hy vroeg in 2006 trek. Op 16 November 2008 trou hy in Johannesburg met Michelle du Toit.Van Wyk, Sanri “Jak se troue was ‘so mooi dat almal huil’” “Volksblad” 21 November 2008 Hulle eerste seun, Jamie, word op 2 Januarie 2010 gebore en hulle dogter Mija sowat vyftien maande later. Hulle seun Mika word op 13 Julie 2015 in die Kloof-hospitaal in Erasmuskloof in Pretoria gebore.Myburgh, Jacques “’n Nuwe hoofstuk vir De Priesters” “Rapport” 12 Julie 2015 Hy en sy gesin verhuis in 2011 na Parys in die Vrystaat en bly in ’n huis wat hulle gerestoureer het. In ’n ernstige motorongeluk in April 2012 waarin sy skoonmoeder oorlede is, ontkom sy vrou en twee kinders op wonderbaarlike wyse sonder ernstige beserings.Liebenberg, Dries “Ek is so dankbaar” “Beeld” 26 April 2012 Hulle trek terug na Pretoria en woon in ’n huis in Hennopspark. Jak woon sedert 2020 in Somerset-Wes saam met sy gesin.
Skryfwerk In standerd nege ontmoet hy vir Johan van der Walt, wat drama by sy skool kom afrig. Johan moedig hom aan om ’n teks te skryf vir die ATKV tienertoneelkompetisie. Sy toneelstuk, Nr. 10, handel oor wit kinders wat noodgedwonge in ’n plakkersgemeenskap moet gaan woon. Hulle neem in die finaal in Kaapstad deel en Jak ontvang ’n penning vir die beste speler asook vir die nuutgeskrewe teks. Hierdie ervaring moedig hom aan om te skryf.
Terwyl hy in Nederland is, skryf hy sy eerste eenmanvertoning, getiteld Underground, wat in 2002 by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) debuteer. Dit is ’n musiekteaterstuk oor die ervarings van ’n jong reisiger in Londen en Europa. Hy voer gereeld musikale produksies op, wat hy hoofsaaklik self skryf. Strate is nie stom nie debuteer in 2003 by die KKNK en daarna volg Soul-o performance. In 2007 skryf en voer hy De Priester en een Kerkorrel op, ’n huldeblyk aan Johannes Kerkorrel en die Voëlvry-beweging, wat hy in 2008 opvolg met Net ’n bietjie liefde vir die langpad, waarin hy verskillende aspekte van die liefde ondersoek.
As digter debuteer hy met Heuning in die mondMalan, Mariana “Jak de Priester nou digter” “Beeld” 6 Augustus 2005 en sy gedig Onsekerheid word in Groot verseboek opgeneem. Sy tweede digbundel is Agter palissades. Hierna publiseer hy die koffietafelboek Brood, waarin hy opneem lirieke van sy musiekalbums, bladmusiek, stories, gedigte, animasie en foto’s. Hy skryf ook vanaf 2011 tot 2015 die rubriek, Pa se Stem, vir die tydskrif Baba & Kleuter.
Verhoogproduksies
Underground Strate Is Nie Stom Nie Nataniël and Friends Net 'n Bietjie Liefde Vir Die Langpad
Diskografie Sally Williams Nougat (2003) Strate Van My Hart (2004) Brooklyn Poet (2005) Stellenbosch Lovesong (2007) Groen Mamba (2009) 16 Briewe aan my baby (2010) Die liefde los 'n spoor (2011) N1 van my hart (2013) Ek reis na gister (2015) 15 Jaar (2017) Album 10 (2020) Myne, Myne, Myne (kinderalbum en DVD) (2014)
Publikasies Heuning in die mond, 2005 Agter palissades, 2007 Brood, 2009 Ek hoop so 2023
Sien ook Afrikaanse musiek Lys van Suid-Afrikaanse musikale kunstenaars
Bronne
Tydskrifte en koerante Bellingan, Mareta “Veel meer as net die kêrel met die kuif” “Rapport” 19 Julie 2009 Bouwer, Anna-Retha “Besig soos ’n by wat heuning maak” “Beeld” 28 Julie 2006 Bouwer, Anna-Retha “Jak besin oor pyn, vreugde van liefde” “Volksblad” 22 Februarie 2008 Burger, Karin “Jak moet nou self ‘groen mamba’ naby hou” “Rapport” 10 Januarie 2010 De Priester, Jak “Inspirasie nie genoeg, jy moet gaan sit en skryf!” “Beeld” 25 November 2011 Du Toit, Delia “Liefde sal altyd daar bly, sê De Priester” “Beeld” 23 September 2006 Lamprecht, Leon-Ben “Jak de Priester en sy pianis se paaie skei ná vyf jaar” “Beeld” 27 Oktober 2006 Van Wyk, Annamarie “Elke dag ’n nuwe liedjie” “Beeld” 10 Desember 2005
Verwysings
Eksterne skakels De Priester se amptelike webwerf Facebook-groep Hyves-groep
Musiekvideo's
Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Alumni van die Universiteit Pretoria