Die vlag van Suid-Soedan vertoon ’n blou driehoek aan die vlagpaalkant met ’n vyfpuntige geel ster wat na die vlagpaal wys; aan die wapperkant is drie ewe wye bane in swart, rooi en groen met wit fraaiings langs die rooi baan.
Die vlag is aanvaar na die ondertekening van Naivasja-ooreenkoms wat die einde van die tweede Soedannese burgeroorlog bevestig het. Tuisblad van die Regering van Suid-Soedan Die vlag is aanvanklik gebruik deur die Soedannese Volksbevrydingsbeweging (SPLM).
Simboliek duimnael|Die vlag in Karima, Soedan Saam met die vlag van Suid-Afrika is die vlag van Suid-Soedan een van net twee vlae wêreldwyd wat ses verskillende kleure in sy ontwerp het (dit sluit skakerings van een kleur in ’n vlag uit). Die kleure stel die volgende voor: swart stel die Soedannese bevolking voor, rooi stel die gevloeide bloed in die stryd om vryheid voor, groen stel die land voor en die ster verteenwoordig die Ster van Bethlehem. Soedan – partye en politieke groepe by Flags of the World, URL besoek op 15 Mei 2019.
Kleure Volgens die Suid-Soedanese regering verteenwoordig die kleure van die vlag: Swart: Die mense van Suid-Soedan. Rooi: Die bloed wat op pad na onafhanklikheid gevloei het. Groen: Die land se landbou, natuurlike rykdom, grond, sowel as vordering. Wit: Suid-Soedan se vrede ná baie jare se bevrydingsstryd. Blou: Waters van die Nylrivier, ’n bron van lewe vir die land. Geel: Verteenwoordig eenheid (van die deelstate), hoop en vasberadenheid vir alle mense.
Ontwerp Die vlag is soortgelyk aan die vlag van Kenia met die toevoeging van die blou driehoek en geel ster aan die vlagpaalkant en die weglating van die motief op die vlag van Kenia.
Ander vlae
Soortgelyke vlae
Sien ook
Vlag van Soedan
Verwysings
Eksterne skakels
Suid-Soedan by Flags of the World.
Suid-Soedan Kategorie:Suid-Soedan