Die vlag van Zanzibar, ’n argipel aan die ooskus van Afrika, is op 10 Januarie 2005 in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n horisontale driekleur in ewe wye bane in (van bo na onder) blou, swart en groen met die vlag van Tanzanië in die skildhoek.
Ontwerp Die huidige vlag van Zanzibar is ’n aangepaste weergawe van die vlag wat tussen Januarie en April 1964 gebruik is. Dit is aangepas deur die vlag van Tanzanië in die skildhoek te plaas maar slegs in die boonste baan.
Ander vlae
Pemba
In 1964 het die noordelike eiland van Zanzibar, Pemba-eiland, ’n kortstondige volksrepubliek met ’n eie vlag gehad.
Sien ook
Vlag van Tanzanië
Eksterne skakels
Zanzibar by Flags of the World.
Kategorie:Tanzanië Zanzibar