Zwolle is die hoofstad van die Nederlandse provinsie Overijssel. Die stad is aan die IJssel geleë en aan die Zwarte Water en Overijsselse Vecht. Zwolle besit 'n professionele sokkerspan: PEC Zwolle. Zwolle het 'n bevolking van 121 602 (Bron: CBS, 1-2-2012).

Bekende boorlinge Ds. Petrus Postma, predikant in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, seun van die grondlegger van dié kerk, ds. Dirk Postma Ds. Marthinus Postma, predikant in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, seun van die grondlegger van dié kerk, ds. Dirk Postma

Kategorie:Nedersettings in Overijssel Kategorie:Provinsiehoofstede van Nederland Kategorie:Stede in Nederland