Francis William Reitz Jr. (Swellendam, 5 Oktober 1844 – Kaapstad, 27 Maart 1934) was 'n Suid-Afrikaanse prokureur, politikus, staatsman, digter en skrywer oor staatsreg, lid van die parlement van die Kaapkolonie, Hoofregter en vyfde Staatspresident van die Oranje-Vrystaat, Staatsekretaris van die Zuid-Afrikaansche Republiek ten tyde van die Anglo-Boereoorlog en die eerste president van die Senaat van die Unie van Suid-Afrika.Hierdie artikel is hoofsaaklik gebaseer op inligting verkry van
Reitz het 'n baie uiteenlopende politieke en regsloopbaan gehad wat oor meer as veertig jaar gestrek het en in vier verskillende politieke entiteite afgespeel het: die Kaapkolonie, die Oranje-Vrystaat, die Zuid-Afrikaansche Republiek en die Unie van Suid-Afrika. Reitz is in Kaapstad en Londen as prokureur opgelei en het begin deur as prokureur en diamantprospekteerder voordat hy aangestel is as Hoofregter van die Oranje-Vrystaat.Moll, 'Reitz, Francis William', 593. Reitz het 'n belangrike rol gespeel in die modernisering van die regstelsel en die staat se administratiewe organisasie in die Oranje-Vrystaat. Hy was terselfdertyd ook 'n prominente openbare figuur en was betrokke in Afrikaanse- en Afrikanerkulturele bewegings en kulturele lewe in die geheel.Moll, 'Reitz, Francis William', 594.
Reitz was 'n gewilde persoon weens sy politieke bedrywighede en sy openlikheid. Toe Staatspresident Brand in 1888 skielik oorlede is het Reitz die presidensiële verkiesing onbestrede gewen. Nadat hy in 1895 herverkies is en hy 'n reis na Europa onderneem het, het hy baie siek geword en moes aftree.Moll, 'Reitz, Francis William', 595. In 1898, nadat hy herstel het, is hy aangestel as die Staatsekretaris van die Zuid-Afrikaansche Republiek en het hy 'n leidende politieke figuur geword tydens die Anglo-Boereoorlog.Moll, 'Reitz, Francis William', 598. Na die oorlog het hy vrywilliglik in ballingskap gegaan omdat hy onwillig was om getrouheid aan die Britte te betoon. Etlike jare later het hy na Suid-Afrika teruggekeer en weer 'n regsfirma geopen in Pretoria. In die vroeë 1900's het hy weer by die politiek betrokke geraak en met die verklaring van die Unie van Suid-Afrika in 1910 is hy verkies tot die eerste president van die Senaat.Moll, 'Reitz, Francis William', 599.
Reitz was sy lewe lank 'n belangrike figuur in die kulturele lewe van die Afrikaner, veral deur sy gedigte en ander publikasies.Moll, 'Reitz, Francis William', 595-596.
Biografie Familie Francis William Reitz Jr., is op 5 Oktober 1844 in Swellendam gebore Biografie van Francis William Reitz by Worldroots.com noem Surbiton as geboorteplek; dit is waarskynlik 'n gruwelike wanspelling van Swellendam. as die seun van Francis William Reitz Sr., boer en landboukundige en Cornelia Magdalena Deneys. Hy was die sewende kind in 'n gesin van twaalf. Hy het op sy pa se plaas, Rhenosterfontein, op die grens van die Breederivier in die Kaapkolonie groot geword.Moll, 'Reitz, Francis William', 592.
Reitz het twee keer getrou. Sy eerste troue (24 Junie 1874 in Kaapstad) was met Blanka Thesen (gebore in Stavanger, Noorweë op 15 Oktober 1854; oorlede in Bloemfontein op 5 Oktober 1887). Sy was die dogter van Arnt Leonard Thesen, 'n handelaar en Anne Catherina Margarethe Brandt.Inligting oor ouers in biografie van Francis William Reitz by Worldroots.com. Die Thesen-gesin het in 1869 op Knysna in die Kaapkolonie gaan woon. Die paar het sewe seuns en een dogter gehad. Ná die dood van sy eerste vrou het Reitz op 11 Desember 1889 in Bloemfontein met Cornelia Maria Theresa Mulder (gebore in Delft, Nederland op 25 Desember 1863;Moll, 'Reitz, Francis William', 594 en ander bronne gee 1864 aan as geboortejaar, maar dit is onakkuraat. Sien: Digitale Stamboom Gemeentearchief Delft en oorspronklike geboortesertifikaat . oorlede in Kaapstad op 2 Januarie 1935), dogter van Johannes Adrianus Mulder, 'n lettersetter, en Engelina Johanna van Hamme. Ten tyde van hul troue was Mulder die waarnemende direkteur van die Oranje Vrij Staat Dames Instituut in Bloemfontein. Met sy tweede vrou het hy ses seuns en een dogter gehad.
Deneys, sy seun, het teen die Britte geveg in die Tweede Vryheidsoorlog. Hy was ook bevelvoerder van die Eerste Bataljon, Skotse Koninklike Fusilliers gedurende die Eerste Wêreldoorlog en het gedien as lid van die parlement van die Unie van Suid-Afrika, was 'n kabinetsminister, adjunk-Eerste Minister (1939 tot 1943) en Hoë Kommissaris van Suid-Afrika (1944) vir die Hof van Sint-Jakobus (Court of St. James's). Sy boek, Commando: A Boer Journal Of The Boer War, is vir baie jare geag as een van die beste vertellings van oorlog en avontuur in die Engelse taal. A Theory Of Civilization
Opvoeding Reitz het sy eerste opvoeding tuis ontvang van 'n goewernante op 'n plaas in die buurt. Toe hy nege was het hy na die Rouwkop Kosskool in Rondebosch (Kaapstad) gegaan. Hier het hy uitgeblink met sy akademiese prestasies en is gevolglik gekies as die Queen's Scholar deur die Senaat van die Suid-Afrikaanse Kollege in Kaapstad. In die ses jaar dat hy aan die kollege was ná sy aankoms in 1857, het 'n wye opvoeding gehad in die kunste en wetenskap en het hy ontwikkel in 'n goed gebalanseerde jong man met duidelike leierseienskappe. Hy het in September 1863 van die Suid-Afrikaanse Kollege gegradueer met wat deesdae gelykstaande aan 'n baccalaureus in lettere en wetenskap is.
Teen hierdie tyd het Reitz 'n passie vir die reg begin ontwikkel en het hy sy studie aan die Suid-Afrikaanse Kollege voortgesit onder professor F.S. Watermeyer. Watermeyer is oorlede kort nadat Reitz onder hom begin studeer het en dit het Reitz laat besluit om sy studies in Londen, aan die Inner Temple voort te sit. Dit was 'n besluit was baie oorweging geverg het omdat Reitz se vader gehoop het dat hy (Reitz jr.) na die plaas sou terugkeer. Die gesin se finansiële situasie was ook nie al te goed nie. Reitz is egter Londen toe en het 'n sukses van sy studies gemaak en op 11 Junie 1867 het hy 'n advokaat in Westminster geword. Gedurende sy tyd in Londen het Reitz in die politiek begin belangstel en het hy gereeld sessies van die Laerhuis bygewoon. Voor sy terugkeer na Suid-Afrika het hy Europa verken. Met sy terugkoms in Suid-Afrika het Reitz homself in Kaapstad gevestig en op 23 Januarie 1868 het hy advokaat geword.
Vroeë loopbaan Reitz het dit aanvanklik moeilik gehad om 'n bestaan te voer omdat kompetisie onder prokureurs in Kaapstad redelik straf was. Hy het nietemin daarin geslaag om 'n naam vir homself te maak omrede sy skerp regsdenke en sy sosiale intelligensie. As lid van die rondgaande hof het hy in 'n kort tyd baie ervaring opgedoen. Terselfdertyd het Reitz sy politieke belange versorg deur hoofartikels vir die Cape Argus te skryf. Hy het ook vir die koerant verslag gelewer oor die verrigtinge van die Kaapse Parlement en hy was ook adjunk-redakteur van die koerant. In 1870 het Reitz sy praktyk na Bloemfontein in die Oranje-Vrystaat verskuif. Reitz het gedink dat die ontdekking van diamante op die oewers van die Vaalrivier sou lei tot 'n vermeerdering in regswerk wat hom in staat sou stel om 'n vooruitstrewende praktyk op die been te bring. Dit was egter nie die geval nie en na 'n paar maande het Reitz Bloemfontein verlaat om as 'n diamantprospekteerder in Griekwaland-Wes te word waar hy 'n klein kleim van die Berlynse Sendinggenootskap naby Pniel gekoop het. Ook hierdie onderneming was onsuksesvol en na slegs 'n paar maande is Reitz terug na die Kaap. Hierdie slag was sy regspraktyk in Kaapstad 'n sukses, ironies genoeg weens die Britse anneksasie van die diamantvelde van die Oranje-Vrystaat en die ekonomiese vooruitgang wat die vir die Kaapkolonie besorg het.
In 1873 is Reitz gevra om die distrik van Beaufort-Wes in die Kaapse Parlement te verteenwoordig. Op die dag was hy ingesweer is, 30 Mei, het sy vader, wat die verteenwoordiger vir Swellendam was, sy uittrede uit die Vergadering aangekondig. Soos so baie van Reitz se aktiwiteite tot op daardie tydstip was sy parlementêre loopbaan van korte duur. Slegs twee maande later het President Jan Brand van die Oranje-Vrystaat vir Reitz die amp van voorsitter van die nuutgevormde Appèlhof van die Oranje-Vrystaat aangebied ten spyte van die feit dat Reitz nie te volle gekwalifiseer was vir die amp nie (inter alia te jonk). Reitz het die aanbod van die hand gewys omdat hy te jonk was maar toe 'n ander kandidaat ook geweier het, het Brand aangedring op die nominasie van Reitz en het hy die Volksraad oortuig om Reitz aan te stel.
Regter en Staatsbeampte in die OVS duimnael|links|President F.W. Reitz van die Oranje-Vrystaat, 1890 Met sy aanstelling tot die regbank van die Oranje-Vrystaat het Reitz tot sy volle reg gekom. Sy aankoms – nou skaars dertig en pas getroud – in Bloemfontein in Augustus 1874 was die begin van 'n verblyf van een-en-twintig jaar asook die begin van 'n uitstekende loopbaan, met die kruin daarvan sy aanstelling as Staatspresident.
Voor die middel-1870's was die regstelsel van die Oranje-Vrystaat ietwat amateuragtig en wild in karakter, veral omdat die meeste van die regters wetlik ongekwalifiseerd was. Die meeste van die regsprosedures was in die hande van die distriksmagistrate, die sogenaamde landdroste, wie se hooftaak administratief van aard was. Reitz se eerste taak was om die situasie te verbeter, was hy met groot ywer gepak het. In sy eerste jaar het die Volksraad 'n Ordonnansie deurgevoer waarin 'n rondgaande hof en 'n Hooggeregshof tot stand gebring is. Reitz het die eerste regter van die Hooggeregshof geword en gevolglik ook die eerste Hoofregter van die Oranje-Vrystaat. Van die begin af was Reitz 'n vegter en het hy die Volksraad op meer as een geleentheid teengestaan deur die diepgewortelde politieke tradisies te takel wat in die weg van die modernisering van die regstelsel gestaan het. Hy het ook onverpoos gewerk om die salarisse en pensioene van staatsamptenare te verbeter. Omdat hy in die Kolonie gebore is, moes hy hard veg om die guns van die Boerebevolking te wen sodat sy idees aanvaar kon word. Hy het dit gedoen deur vir tien jaar met die rondgaande hof mee te reis regdeur die land. Sodoende het hy insae in – en empatie vir – hulle leefwyse en dikwels konserwatiewe Godvresende oortuigings gekry. Dit was voordelig dat Reitz self 'n gelowige persoon was en dat hy grootgeword het in die Afrikaanssprekende deel van die Kaapkolonie. Hy het uiteindelik 'n simbool van die Afrikanerdom vir baie Oranje-Vrystaters geword.
Reitz het heelwat bygedra tot die kodifikasie en hersien van die wette van die Oranje-Vrystaat. Saam met sy kollegas C.J. Vels, O.J. Truter en J.G. Fraser het Reitz die eerste Ordonnantie boek van den Oranje Vrijstaat in 1877 gepubliseer om sodoende die handelinge en ordonnansies van die republiek beskikbaar te stel vir die breër publiek. Hy het ook 'n rol gespeel in die hersien van die grondwet van die Oranje-Vrystaat, met betrekking tot artikels omtrent burgerskap en stemreg, hy was voorsitter van die eksamenkomitee vir aspirantpraktisyns en het ook bygedra tot die verbetering van die tronkstelsel en die distrikadministrasie.
Staatspresident van die Oranje-Vrystaat duimnael|links|200px|Pres. F.W. Reitz. duimnael|Standbeeld van Francis William Reitz in Bloemfontein