Hierdie artikel handel oor die dorp in Australië. Vir die voormalige dorp in Zimbabwe, sien gerus Cheguta.

Hartley is 'n historiese dorp in Nieu-Suid-Wallis, Australië. Die dorp is binne die plaaslike regeringsgebied van Lithgow en is ongeveer 150 kilometer wes van Sydney geleë.Gregory's New South Wales State Road Map, Map 220, 11de Uitgawe, gepubliseer deur Gregory's Publishing Company Dit is onder die westelike eskarp van die Blue Mountains geleë. Dit was eens op 'n tyd 'n administratiewe setel op die Great Western Highway, maar het sedertdien agteruit gegaan en is vervang deur dorpe wat langs die westelike spoorlyn geleë is. Met die 2006 in Australië, het Hartley 'n bevolking van 497 mense gehad.Australiese Buro van Statistiek, Hartley (State Suburb), Nagegaan op 11 Februarie 2010

Geskiedenis Hartley was 'n dorp wat uit 'n goudstormloop ontstaan het en het 'n besige hofsaal gehad wat in 1837 gebou is. Die hofsaal, wat vir meer as vyftig jaar lank in gebruik was, het 'n gereelde stroom misdadigers hanteer. Alhoewel Hartley in onbruik verval het, het die dorp goed bewaar gebly en is tans 'n goeie voorbeeld van 19de eeuse argitektuur. Vanweë die dorp se erfeniswaarde, word dit tans as 'n plek van historiese waarde bestuur deur die nasionale parkediens van Nieu-Suid-Wallis.Guide to New South Wales National Parks, NPWS, 2001 Die dorp is 120 kilometers wes van Sydney en 12 kilometer suid van Lithgow en word daagliks vir die publiek oopgestel. Die Hartley historiese gebied beslaan 'n gebied van 7,7 hektaar.The Heritage of Australia, Macmillan Company, 1981, p.2/273

Hartley se susterdorpe Little Hartley en Hartley Vale, bestaan steeds as bewoonde dorpe met 'n erfenis van hulle eie. Little Hartley, is sowat 4 kilometer suid-oos van Hartley af en ook waar die historiese huis, Rosedale, is. Hartley Vale, wat sowat 6 kilometer oos van Hartley is, is waar Comet Inn, Collits Inn en die Hartley Vale begraafplaas geleë is.Hartley Topographic Map 8930-4N Department of Lands, New South WalesBlue Mountains Tourist Map, Department of Lands, New South Wales Daar is ook 'n netwerk van voetslaanpaaie van historiese belang tussen Hartley Vale en Mount York wat deur die Departement van Grondgebiede van Nieu-Suid-Wallis bestuur word.Sydney and Blue Mountains Bushwalks, Neil Paton (Kangaroo Press) 2004, pp.236-238

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Nieu-Suid-Wallis