SV Curslack-Neuengamme is 'n sportklub uit die stadstaat Hamburg in Duitsland. Behalwe sokker het die klub ook onder meer afdelings vir capoeira, joga, qigong, ju-jutsu, pilates, tennis, tafeltennis, gimnastiek en pluimbal. Curslack en Neuengamme is twee aangrensende stadsdele van Hamburg.
Die klub is op 12 Oktober 1919 gestig in die restaurant Gasthof von Ernst Wulff. Die klub se sokkerafdeling het na die Tweede Wêreldoorlog kortstondig met SV Altengamme se sokkerafdeling saamgesmelt, maar teen 1947 is die samesmelting weer ontbind. In 1988 het die sokkerafdeling weer met die sokkerafdeling van TSV Kirchwerder saamgesmelt onder die naam FSG Vierlande, maar in 1991 is die samesmelting ongedaan gemaak en het die sokkerspanne weer met die moederklubs verenig.
Die klub speel sedert sy stigting in die laer stadsligas van Hamburg, maar toon die afgelope jare 'n opwaartse kurwe en het in 2006 na die verbandsliga op die vyfde vlak van die Duitse sokkerstruktuur gepromoveer.
Onlangse ligaposisionering
1992-93 (VI) Landesliga Hansa 8ste 1993-94 (VI) Landesliga Hansa 14de 1994-95 (VII) Bezirksliga Oos 4de 1995-96 (VII) Bezirksliga Oos 4de 1996-97 (VII) Bezirksliga Oos 1ste 1997-98 (VI) Landesliga Hansa 7de 1998-99 (VI) Landesliga Hansa 10de 1999-00 (VI) Landesliga Hansa 14de 2000-01 (VII) Bezirksliga Oos 4de
2001-02 (VII) Bezirksliga Oos 8ste 2002-03 (VII) Bezirksliga Oos 1ste 2003-04 (VI) Landesliga Hansa 4de 2004-05 (VI) Landesliga Hansa 3de 2005-06 (VI) Landesliga Hansa 2de 2006-07 (V) Verbandsliga Hamburg 10de 2007-08 (V) Verbandsliga Hamburg 12de 2008-09 (V) Oberliga Hamburg 6de 2009-10 (V) Oberliga Hamburg
Eksterne skakels Amptelike klubwerf
Oberliga Hamburg 2009/10-seisoen
Altona 93 - HSV Barmbek-Uhlenhorst – ASV Bergedorf 85 – TSV Buchholz 08 – SV Curslack-Neuengamme – SV Halstenbek-Rellingen – SC Concordia Hamburg – SC Condor – SC Victoria Hamburg – SV Lurup – USC Paloma Hamburg – VfL Lohbrügge – Meiendorfer SV – Niendorfer TSV – FC Eintracht Norderstedt – Oststeinbeker SV – TSV Uetersen – Wedeler TSV
Curslack Kategorie:Hamburg