SV Eichede is 'n sokkerklub uit Steinburg in die deelstaat Sleeswyk-Holstein in Duitsland. Die klub het vroeër ook ander sportsoorte aangebied, maar slegs die sokkerafdeling bestaan nog. Eichede is 'n dorpswyk van Steinburg wat voorheen 'n onafhanklike dorp was en sedert 1974 deel vorm van Steinburg.
Die klub is op 15 Mei 1947 gestig in die restaurant van Ludwig Haase op Eichede. Daar was nie voorheen 'n sportklub op Eichede nie en sportbeoefenaars was meesal lid van TSV Mollhagen, wat in 1927 gestig is (Mollhagen is ook vandag 'n dorpsdeel van Steinsburg). In 1955 was daar 'n versoek van TSV Mollhagen dat die klubs moes saamsmelt, maar die lede van SV Eichede het daarteen gestem.
Die klub het die grootste deel van sy bestaan in die laer plaaslike ligas en in die skadu van VfL Oldesloe, tradisioneel die sterkste klub in die distrik, deurgebring, maar speel deesdae in die Oberliga op die vyfde vlak, terwyl VfL Oldesloe in die sesde liga meeding.
Onlangse ligaposisionering
1983-84 (VII) Bezirksliga Suid 2de 1984-85 (VII) Bezirksliga Suid 7de 1985-86 (VII) Bezirksliga Suid 2de 1986-87 (VII) Bezirksliga Suid 1ste 1987-88 (VI) Landesliga Suid 5de 1988-89 (VI) Landesliga Suid 9de 1989-90 (VI) Landesliga Suid 11de 1990-91 (VI) Landesliga Suid 10de 1991-92 (VI) Landesliga Suid 3de 1992-93 (VI) Landesliga Suid 4de 1993-94 (VI) Landesliga Suid 3de 1994-95 (V) Verbandsliga S-H 6de 1995-96 (V) Verbandsliga S-H 12de 1996-97 (V) Verbandsliga S-H 10de 1997-98 (V) Verbandsliga S-H 14de 1998-99 (VI) Landesliga Suid 4de 1999-00 (VI) Bezirksoberliga Suid 14de 2000-01 (VII) Bezirksliga Suid 6de 2001-02 (VII) Bezirksliga Suid 1ste 2002-03 (VI) Bezirksoberliga Suid 2de 2003-04 (V) Verbandsliga S-H 8ste 2004-05 (V) Verbandsliga S-H 8ste 2005-06 (V) Verbandsliga S-H 2de 2006-07 (V) Verbandsliga S-H 8ste 2007-08 (V) Verbandsliga S-H 17de 2008-09 (VI) Landesliga Suidoos 1ste 2009-10 (V) Oberliga S-H
Eksterne skakels Amptelike klubwerf
Oberliga Sleeswyk-Holstein 2009/10-seisoen TSV Altenholz – FT Eider Büdelsdorf – Eckernförder SV – SV Eichede - Flensburg 08 – ETSV Weiche Flensburg - Heider SV – Heikendorfer SV – SV Henstedt-Ulzburg – Itzehoer SV - SC Comet Kiel – Holstein Kiel II – TSV Klausdorf – TSV Kropp – VfB Lübeck II – PSV Union Neumünster - VfR Neumünster – 1. SV Sleeswyk 06
Eichede