Kores die Grote (Oud-Persies: 𐎤𐎢𐎽𐎢𐏁, , , Persies: کوروش بزرگ/کوروش کبیر, ) (c. 600 v.C. of 576 v.C. – Desember 530 v.C.), ook bekend as Kores II of Kores van Persië,Xenophon, Anabasis I. IX; sien ook M.A. Dandamaev "Cyrus II", in Encyclopaedia Iranica. was die eerste Zoroastriese Persiese keiser. Hy was die stigter van die Persiese Ryk onder die Achaemenidiese dinastie.Schmitt Achaemenid dynasty (Hoofstuk i. The clan and dynasty) Sy naam word ook Cirus of Sirus gespel.
duimnael|links|Kaart van die Persiese Ryk onder Kores die Grote Dit was onder sy heerskappy dat die ryk alle voorheen beskaafde state van die antieke Nabye Ooste omsluit het, reusagtig uitgebrei en uiteindelik die oorgrote deel van Suidwes-Asië en heelwat van Sentraal-Asië, nl. van Egipte en die Hellespont in die Weste tot die Indusrivier in die ooste verower het, ten einde die grootste ryk te vestig wat die wêreld destyds nog gesien het.
Die regering van Kores het tussen 29 en 30 jaar geduur. Kores het sy ryk gebou deur eers die Mediese Ryk te beveg en verslaan, daarna die Lidiese en Nieu-Babiloniese Ryk. Voor of ná sy inval van Babilon, het hy 'n veldtog gelei na Sentraal-Asië, wat uitgeloop het op groot veldtogte wat "elke nasie sonder uitsondering onderwerp het."Cambridge Ancient History IV Hoofstuk 3c. p. 170. Die aanhaling is van die Griekse historikus Herodotos Kores het nie Egipte betree nie, aangesien hy gesterf het in 'n veldslag teen die Massagete langs die Sirdarja in Desember 530 v.C..Beckwith, Christopher. (2009). Empires of the Silk Road: A History of Central Eurasia from the Bronze Age to the Present. Princeton en Oxford: Princeton University Press. . Bladsy 63.Kores se sterfdatum word afgelei van die laaste twee verwysings na sy eie regering ('n tablet van Borsippa, gedateer na 12 Augustus, en die laaste van Babilon, 12 September 530 v.C.) en die eerste verwysing na die regering van sy seun Kambuses ('n tablet van Babilon gedateer na 31 Augustus en of 4 September), maar 'n ongedokumenteerde tablet van die stad Kisj dateer die laaste amptelike regering van Kores na 4 Desember 530 v.C.; sien R.A. Parker en W.H. Dubberstein, Babylonian Chronology 626 B.C. - A.D. 75, 1971. Hy is opgevolg deur sy seun, Kambuses II, wat geslaag het om tot die ryk by te voeg deur Egipte, Nubië en Kyrenaika tydens sy kort regering te verower.
duimnael|links|Graftombe van Kores die Grote As 'n militêre leier was Kores se nalatenskap die kuns van leierskap en besluitneming, en hy het sy sukses toegeskryf aan "Veelsydigheid in raadsbesluite, eenheid in aanvoering." Kores die Grote het die sedes en gelowe van die lande wat hy verslaan het, gerespekteer.Dandamayev Cyrus (iii. Cyrus the Great) Kores se godsdienstige beleid. Daar word beweer die rol van die Achaemenidiese Ryk, soos deur Kores gestig, was geleë in die besonder suksesvolle model vir gesentraliseerde administrasie en die vestiging van 'n regering wat gestreef het na die opheffing en voordeel van sy onderdane. Die administrasie van die ryk deur satrape, en die kernbeginsel van 'n regeringsetel gevestig te Pasargadai was inderdaad die werk van Kores.The Cambridge Ancient History Vol. IV p. 42. Sien ook: G. Buchaman Gray en D. Litt, The foundation and extension of the Persian empire, Hoofstuk I in The Cambridge Ancient History, band IV, 2e uitgawe, Gepubliseer deur The University Press, 1927. p. 15. Aanhaling: Die administrasie van die ryk deur satrape, en veel meer behorend tot die vorm of gees van die regering, was die werk van Kores... Benewens sy eie nasie, Iran, blyk Kores se nalatenskap ook by die Joodse geloof (vanweë sy Edik van Restaurasie), menseregte, politiek, en militêre strategie, asook in die Oosterse en Westerse beskawing.
Sien ook Koressilinder
Verwysings
Kategorie:Keisers Kategorie:Mense in die 6de eeu v.C. Kategorie:Monarge uit die Hebreeuse Bybel Kategorie:Persiese Ryk Kategorie:Geboortes in 600 v.C. Kategorie:Sterftes in 530 v.C.