Die nasionale vlag van Mauritius is op 12 Maart 1968 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n horisontale vierkleur met ewe wye bane in (van bo na onder) rooi, blou, geel en groen. Die vlag staan bekend as The Four Bands in Engels en Les Quatre Bandes in Frans wat "Die vier bane" beteken.

Simboliek Die vier bane van die vlag stel elk die volgende voor: rooi stel die bloed voor wat gevloei het in die stryd om onafhanklikheid, blou stel die Indiese Oseaan voor (Mauritius is geleë in die Indiese Oseaan), geel stel die nuwe lig van onafhanklikheid voor wat oor die eiland skyn asook die goue sonskyn en groen stel die welige plantegroei van die eiland voor.

Kleure Die amptelike kleurkodes van die vlag is in ooreenstemming met die Mauritius Standard Bureau.

Kleur en Pantone: Rooi 18-1664TC of 185 C Blou 19-3939TC of 295 C Geel 14-0957TC of 116 C Groen 17-6030TC of 356 C

Ontwerp Die huidige vlag is op 12 Maart 1968 aanvaar toe Mauritius onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk verkry het. Die kleure van die vlag is afkomstig van die wapenskild van Mauritius, wat deur Koning Edward VII in 1906 aan Mauritius toegeken is.

Groottes Die amptelike groottes van die vlag is in ooreenstemming met die Mauritius Standard Bureau; standaard MS.1-1:2011. Die vlag het ’n verhouding van 2:3.

VlagsoortBreedte × hoogte(mm)Hoogte van elke kleurband(mm)Paalvlag1800×1200300Lessenaarvlag / handgehoude vlag150×10025Motorvlag300×20050

Geskiedkundige vlae

Ander vlae

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Mauritius by Flags of the World.

Kategorie:Mauritius Mauritius