Die nasionale vlag van die Sentraal-Afrikaanse Republiek is op 1 Desember 1958 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon vier ewe wye vertikale bane in (van bo na onder) blou, wit, groen en geel met ’n rooi horisontale (so wyd soos die ander vier bane) reg in die middel van die vlag en ’n geel vyfpuntige ster in die skildhoek in die blou baan..
Simboliek Die kleure van die vlag spreek die hoop uit dat Frankryk en Afrika saam aan ’n toekoms kan bou. Die vlag kombineer die kleure van die Franse vlag (rooi, wit en blou) met die Pan-Afrika kleure (rooi, geel en groen). Verder stel rooi die bloed voor van diegene wat gesterf het in die stryd om onafhanklikheid asook saam met Frankryk en Europa, blou stel die lug, en daarom vryheid, voor, wit stel vrede en waardigheid voor, groen stel hoop voor en geel stel verdraagsaamheid voor. Die ster is ’n simbool van vooruitgang en die eenheid van Afrika. Sentraal-Afrikaanse Republiek by Flags of the World. URL besoek op 25 Maart 2019.
Ontwerp Die vlag is ontwerp deur die president van die voormalige Franse gebied, Oubangui-Chari, Barthélemy Boganda, wat ook die land tot onafhanklikheid van Frankryk gelei het.
Kleure Die kleurskema word hieronder gelys:
30px RGB 0/48/130 255/255/255 40/151/40 255/206/0 210/16/52 Heksadesimaal #003082ff #FFFFFFFF #289728ff #ffce00ff #d21034ff CMYK 100/63/0/49 0/0/0/0 74/0/74/41 0/19/100/0 0/92/75/18
Ander vlae
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Sentraal-Afrikaanse Republiek by Flags of the World.
Sentraal-Afrikaanse Republiek Kategorie:Sentraal-Afrikaanse Republiek