Die nasionale vlag van Somalië (Somalies: Calanka Soomaaliyaa; Arabies: علم الصومال) is op 12 Oktober 1954 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n enkele blou baan met ’n wit vyfpuntige ster in die middel van die vlag.
Simboliek Die blou baan herinner ’n mens aan die Verenigde Nasies wat op ’n punt die area geadministreer het. Die vyfpuntige ster stel die vyf areas voor waarvandaan die Somaliërs afkomstig is nl.: noordelike Somalië, suidelike Somalië, noordelike Kenia, suidelike Ethiopië en Djiboeti. Die ster is ook ’n simbool van vryheid en die wit stel hoop, vrede en vooruitgang voor. Greig, Charlotte. The Dictionary of Flags. Grange Books.
Ontwerp Die vlag van Somalië is gebaseer op die vlag van die Verenigde Nasies, die verskil is dat daar ’n ster in die middel van die vlag is. Die vlag is ook soortgelyk aan die vlag van Viëtnam en die Bonnie Blue-vlag.
Kleure duimnael| Hemelblou-weergawe van die Somaliese vlag Die kleurskema word hieronder gelys:
30px RGB 65/137/221 255/255/255 Heksadesimaal #4189DD #FFFFFF CMYK 71/38/0/13 0/0/0/0
Konstruksie Die vlag van Somalië kan met behulp van die volgende konstruksieplan gereproduseer word:
350px|senter|Konstruksietekening
Ander vlae Verskeie gebiede van Somalië het hul onafhanklikheid van die sentrale regering verklaar. Somaliland, Jubaland, Suidwes-Somalië, Puntland en die Maakhirstaat gebruik hul eie vlae, terwyl die Noordlandstaat en Galmudug die vlag van Somalië gebruik.
Soortgelyke vlae
Sien ook
Vlag van Puntland Vlag van Somaliland Volkslied van Somalië
Verwysings
Eksterne skakels
Somalië by Flags of the World.
Somalie Kategorie:Somalië