Niendorfer TSV is 'n sportklub uit die stadstaat Hamburg in Duitsland. Behalwe sokker, het die klub ook afdelings vir onder meer pluimbal, bofbal, sagtebal, basketbal, handbal, judo, ju-jutsu, karate, amateurtoneel, atletiek, prelbal, skaak, swem, dans, tafeltennis, tennis, gimnastiek en vlugbal. Niendorf is 'n stadsdeel van Hamburg wat tot 1927 'n onafhanklike dorp was.
Die klub is op 13 Julie 1919 gestig as die jeugvereniging van 'n opvoedkundige organisasie. Die klub was in sy vroeë jare 'n suiwer gimnastiekklub totdat die sokker-en handbalafdelings in die 1936/37-seisoen op die been gebring is. Die klub het sy eie tydskrif, DER NIENDORFER, wat tien keer 'n jaar met 'n oplaag van 2 500 verskyn.
Die sokkerafdeling ding tradisioneel in die laer ligas van Hamburg mee en die grootste onlangse prestasie was om sedert 2004 in die Verbandsliga (nou Oberliga) Hamburg mee te ding.
Onlangse ligaposisionering
1979-80 (VII) Bezirksliga Noord 11de 1980-81 (VII) Bezirksliga Noord 3de 1981-82 (VII) Bezirksliga Noord 7de 1982-83 (VII) Bezirksliga Noord 6de 1983-84 (VII) Bezirksliga Wes 2de 1984-85 (VI) Landesliga Hammonia 14de 1985-86 (VII) Bezirksliga Noord 9de 1986-87 (VII) Bezirksliga Wes 5de 1987-88 (VII) Bezirksliga Noord 4de 1988-89 (VII) Bezirksliga Wes 11de 1989-90 (VII) Bezirksliga Noord 8ste 1990-91 (VII) Bezirksliga Noord 11de 1991-92 (VII) Bezirksliga Noord 3de 1992-93 (VII) Bezirksliga Noord 3de 1993-94 (VII) Bezirksliga Noord 7de 1994-95 (VII) Bezirksliga Wes 3de1995-96 (VII) Bezirksliga Wes 7de 1996-97 (VII) Bezirksliga Wes 16de 1997-98 (VIII) Kreisliga 6 Hamburg 2de 1998-99 (VII) Bezirksliga Noord 7de 1999-00 (VII) Bezirksliga Noord 14de 2000-01 (VIII) Kreisliga 6 Hamburg 1ste 2001-02 (VII) Bezirksliga Noord 1ste 2002-03 (VI) Landesliga Hansa 4de 2003-04 (VI) Landesliga Hansa 1ste 2004-05 (V) Verbandsliga Hamburg 7de 2005-06 (V) Verbandsliga Hamburg 10de 2006-07 (V) Verbandsliga Hamburg 14de 2007-08 (V) Verbandsliga Hamburg 13de 2008-09 (V) Oberliga Hamburg 14de 2009-10 (V) Oberliga Hamburg
Eksterne skakels Amptelike klubwerf
Oberliga Hamburg 2009/10-seisoen
Altona 93 - HSV Barmbek-Uhlenhorst – ASV Bergedorf 85 – TSV Buchholz 08 – SV Curslack-Neuengamme – SV Halstenbek-Rellingen – SC Concordia Hamburg – SC Condor – SC Victoria Hamburg – SV Lurup – USC Paloma Hamburg – VfL Lohbrügge – Meiendorfer SV – Niendorfer TSV – FC Eintracht Norderstedt – Oststeinbeker SV – TSV Uetersen – Wedeler TSV
Niendorf Kategorie:Hamburg