Die nasionale vlag van Rwanda is op 25 Oktober 2001 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n horisontale driekleur in (van bo na onder) blou, geel en groen (in verhouding 2:1:1) met ’n geel son in die regter boonste hoek van die blou baan.
Simboliek Blou stel gelukkigheid en vrede voor, geel stel ekonomiese vooruitgang voor, groen stel die hoop van welvarendheid voor en die son en sy strale stel die lig voor wat stelselmatig oor al die mense val (dit beteken uiteindelik eenheid, deursigtigheid en die geveg teen onkundigheid. Rwanda by Flags of the World. URL besoek op 15 Mei 2019.
Ontwerp In die 1990’s is ’n kompetisie gehou om ’n nuwe vlag vir Rwanda te kry. Talle inskrywings is ingestuur maar geen is gebruik nie. Aan die einde van die twintigste eeu is een van die ontwerpe (’n tweekleur in blou (bo) en groen (onder) met ’n opkomende geel son op die blou baan) aangepas deur ’n geel baan tussen die blou en groen baan toe te voeg en die opkomende son te verander in ’n volle son en dit te skuif na die regter boonste hoek (soos dit nou lyk).
Geskiedenis Die vorige vlag van Rwanda, wat in 1961 aanvaar is, en op 1 Julie 1962 amptelik in gebruik geneem is, het bestaan uit ’n driekleur in die Pan-Afrika kleure. Die vlag was soortgelyk aan die vlag van Mali slegs met die verskil dat die vlag van Mali ’n stokmannetjie tentoon gestel het. Toe Mali op 1 Maart 1961 die stokmannetjie verwyder het, het Rwanda ’n swart “R” op sy vlag toegevoeg. Die letter het gestaan vir die naam van die land.
Ander vlae
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Rwanda by Flags of the World.
Rwanda Kategorie:Rwanda