Die nasionale vlag van Malawi is op 6 Julie 1964 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n driekleur met ewe wye bane in swart (bo), rooi (middel) en groen (onder). In die middel van die boonste (swart) baan is ’n rooi opkomende son. Op 29 Julie 2010 is die vlag onder die President Bingu wa Mutharika verander ná ’n driekleur in rooi, swart en groen met ’n wit opkomende son in die swart baan. Malawi fly new modified flags despite public outcry Bingu endorses new Flag Bill Op 28 Mei 2012 het die nuwe President Joyce Banda die veranderinge teruggerol en die ou vlag weer ingesit. Malawi Parliament approves to revert to original flag , Nyasa Times Malawi reverts to old flag, Times Live

Simboliek Swart stel die mense van Afrika voor, rooi is ’n huldeblyk aan die bloed wat gevloei het in die stryd om vryheid en groen stel die vrugbare grond voor. Die opkomende son simboliseer die aanbreek van onafhanklikheid vir Malawi en dien ook as herinnering aan die betekenis van die naam “Malawi”, wat “brandende water” beteken (’n beskrywing van die Njassameer (Malawimeer) tydens sonsondergang). Die opkomende son word ook gevind op die Malawiese wapenskild. Greig, Charlotte. The Dictionary of Flags. Grange Books.

Ontwerp Die kortstondige vlag van Malawi is soortgelyk aan die vlag van die Republiek van Biafra (wat tussen 1967 en 1970 bestaan het).

Kleure Die kleure van die vlag is soos volg bepaal: Malawi by Flags of the World. Besoek op 14 Mei 2019.

Swart Rooi Groen Britse Standaardkleure 0-000 0-005 0-010

Ander vlae

Soortgelyke vlae

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Malawi by Flags of the World

Kategorie:Malawi Malawi