TuS Güldenstern Stade is 'n sportklub uit Stade in die deelstaat Neder-Sakse in Duitsland. Behalwe sokker, het die klub ook afdelings vir onder meer tafeltennis, pluimbal, atletiek, vlugbal, pilates, swem, kegelbal en tennis.

Die klub is in 1924 gestig in die gastehuis “Studt” in Stade as SC Güldenstern Stade. Die klub is vernoem na die Güldenstern-fort, wat op sy beurt na 'n Sweedse generaal vernoem is wat betrokke was by die beleg van Stade (Stade was na 1645 onder Sweedse beheer). Die klub het later by die Arbeitersport-Verband (arbeiders-sportvereniging) aangesluit, maar soos alle werkersklubs is dit in 1933 deur die Nazi’s ontbind. In 1945 is die klub heropgerig en tussen 1945 en 1990 het dit in die Hamburg-ligas meegeding. In 1990 was dit egter verplig om oor te skuif na die Neder-Sakse ligas, aangesien die tweede span as gevolg van 'n administratiewe flater in hierdie ligas ingeskryf is.

Die klub het sy beste jare in die 1940’s en 1950’s gehad, deurdat dit in die Amateurliga op die tweede vlak meegeding het. In 1953 het die klub die eindstryd gehaal om die Duitse Amateurkampioenskap, waar daar voor 45 000 toeskouers teen Hertha BSC Berlyn verloor is.

Onlangse ligaposisionering

1979-80 (VI) Landesliga Hammonia 1ste 1980-81 (V) Verbandsliga Hamburg 13de 1981-82 (V) Verbandsliga Hamburg 16de 1982-83 (VI) Landesliga Hammonia 6de 1983-84 (VI) Landesliga Hammonia 15de 1984-85 (VII) Bezirksliga Suid 3de 1985-86 (VII) Bezirksliga Suid 3de 1986-87 (VII) Bezirksliga Suid 1ste 1987-88 (VI) Landesliga Hammonia 13de 1988-89 (VI) Landesliga Hammonia 16de 1989-90 (VII) Bezirksliga Suid 4de 1990-91 (VI) Bezirksoberliga Lüneburg 8ste 1991-92 (VI) Bezirksoberliga Lüneburg 2de 1992-93 (VI) Bezirksoberliga Lüneburg 1ste 1993-94 (V) Landesliga Oos 8ste 1994-95 (V) Verbandsliga Oos 8ste1995-96 (V) Verbandsliga Oos 11de 1996-97 (V) Verbandsliga Oos 7de 1997-98 (V) Verbandsliga Oos 4de 1998-99 (V) Verbandsliga Oos 13de 1999-00 (VI) Landesliga Lüneburg 3de 2000-01 (VI) Landesliga Lüneburg 12de 2001-02 (VI) Landesliga Lüneburg 6de 2002-03 (VI) Landesliga Lüneburg 3de 2003-04 (VI) Landesliga Lüneburg 9de 2004-05 (VI) Landesliga Lüneburg 4de 2005-06 (VI) Landesliga Lüneburg 2de 2006-07 (V) Verbandsliga Oos 12de 2007-08 (V) Verbandsliga Oos 7de 2008-09 (V) Oberliga N-S Oos 12de 2009-10 (V) Oberliga N-S Oos

Eksterne skakels Amptelike klubwerf

Oberliga Neder-Sakse Oos 2009/10-seisoen SV Ahlerstedt-Ottendorf - SV Blouwit Bornreihe – Eintracht Brunswyk II – FT Brunswyk – SV Rooiwit Cuxhaven – SV Drochtersen-Assel – MTV Gifhorn – SVG Göttingen 07 – TuS Güldenstern Stade – TuS Heeslingen – VfV Borussia 06 Hildesheim - FC Hansa Lüneburg – FC Eintracht Northeim – BSV Ölper 2000 – VSK Osterholz-Scharmbeck – TSV Ottersberg – USI Lupo-Martini Wolfsburg

Stade