duimnael|300px|Asië in 323 v.C., met die landgebied van die Massagete en hul bure naby die Aralsee aangedui Die Massagete (Grieks: Μασσαγέται, d.w.s. Massagetai; Latyn: Massagetae) was 'n Irannese nomadiese konfederasieKarasulas, Antony. Mounted Archers Of The Steppe 600 BC-AD 1300 (Elite). Osprey Publishing, 2004, , p. 7.Wilcox, Peter. Rome's Enemies: Parthians and Sassanids. Osprey Publishing, 1986, , p. 9.Gershevitch, Ilya. The Cambridge History of Iran (Volume II). Cambridge University Press, 1985, , p. 48.Grousset, René. The Empire of the Steppes. Rutgers University Press, 1989, , p. 547. van die oudheid, hoofsaaklik bekend weens die geskrifte van Herodotos. Hul naam was moontlik verwant aan Getae en Thyssagetae.

Gebruike Volgens Herodotos:

Gevolglik was hulle 'n ruitervolk, vergelykbaar met die Skitiërs wat hul kledy en gebruike betref, maar alhoewel elke man slegs een vrou gehad het, is die vroue gemeenskaplik besit, 'n gebruik wat die Massagete onderskei het van die Skitiërs. Die Massagete het net een god, die son, aanbid, en 'n perd as offerande gebring. Dit is bekend dat koningin Tomyris haar gestorwe eggenoot, die koning oor die Massagete, opgevolg het.

Geskiedenis Die dood van Kores die Grote, aan die hande van die Massagete, is volgens verskillende weergawes oorgelewer. Een verslag lui:

Volgens Herodotos, het Kores die Grote van Persië, gesneuwel in 'n stryd teen die Massagete wat oorkant die Araxesrivier gewoon het. Hulle was 'n volk van die suidelike woestyne van Khwarezm in hedendaagse Boekhara, Oesbekistan. Die koningin van die Massagete, Tomyris, kon standhou teen Kores, alhoewel haar seun, Spargapises, verslaan is. Herodotos meld: Van al die veldslae waarin met barbare kontak gemaak is, reken ek hierdie een as die mees verbete.

Nota rakende die geografie van Herodotos Die naam Araxes beteken waarskynlik "snelle stroom".Wheeler James T., The Geography of Herodotus ...: Illustrated from Modern Researches and Discoveries. London, Longman, Brown, Green, and Longmans, 1854, LCCN 05006215 p.192 In die konteks van die Massagete, verwys "Araxes" na die Jaxartes.

Kontinuïteit Ammianus Marcellinus het gemeen dat die Alane die voormalige Massagete is.Ammianus Marcellinus: "iuxtaque Massagetae Halani et Sargetae"; "per Albanos et Massagetas, quos Alanos nunc appellamus"; "Halanos pervenit, veteres Massagetas". Met die afloop van die 4e eeu v.C., het Claudianus (die hofdigter van Keiser Honorius en Stilicho) van die Alane en Massagete in een asem geskryf: "die Massagete wat wreed hul perde verwond, sodat hulle hul bloed kan drink; die Alane wat die ys breek, en die waters van die Maeotismeer drink" (In Rufinem).

Ander verbind hulle met die Hunne:

Procopius skryf in die Geskiedenis van die Oorloë, Boek III: Die Vandaalse Oorlog:Procopius: Geskiedenis van die Oorloë, Boek 3. http://en.wikisource.org/wiki/History_of_the_Wars/Book_III "die Massagete wat nou bekend staan as die Hunne" (XI. 37.), en "daar was 'n sekere man onder die Massagete, begaafd in moed en liggaamskrag, die leier van enige manne; aan hierdie man is die voorreg oorgelewer deur sy vaders en voorvaders om as eerste van alle Hunse magte, die vyand aan te val" (XVIII. 54.).

Evagrius Scholasticus (Kerkgeskiedenis. Boek 3. Hoofst. II.): "en in Thrakië, met die inval van die Hunne, voorheen bekend as die Massagete, wat die Ister onbestrede oorgesteek het".Tertullianus: Kerkgeskiedenis, Boek 3. http://www.tertullian.org/fathers/evagrius_3_book3.htm

Sien ook Berg Imeon

Verwysings

Eksterne skakels Geskiednisse van Herodotos Geskiedenisse van Herodotos Ammianus Marcellinus

Kategorie:Historiese etniese groepe