Die nasionale vlag van Madagaskar is op 14 Oktober 1958 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n driekleur in wit, rooi en groen. Die wit is in ’n vertikale baan aan die vlagpaalkant en die rooi en groen is in ewe wye horisontale bane aan die wapperkant (rooi bo en groen onder).
Simboliek Rooi stel soewereinheid voor, wit stel suiwerheid voor en groen stel hoop voor. Greig, Charlotte. The Dictionary of Flags. Grange Books.
Ontwerp Die kleure van die vlag stel Madagaskar se geskiedenis voor saam met ’n hunkering na onafhanklikheid en tradisionele klasse. Rooi en wit was die kleure van die Koninkryk Imerina wat in 1896 voor Frankryk geswig het. Dit (die kleure) is gebruik in die vlag van die laaste Merina-monarg, Ranavalona III. Die kleure kan dui op die etniese oorsprong van die Malgassiese mense in Suidoos-Asië en kan ook gesien word in die vlag van Indonesië. Groen was die kleur van die Hova, die prominente klas van landelike bewoners, wat ’n belangrike rol gespeel het in anti-Franse bewegings asook in die onafhanklikheidsbeweging.
Elke baan op die vlag het dieselfde verhouding (1:2) en die algehele verhouding van die vlag is 2:3. Madagaskar by Flags of the World, URL besoek op 14 Mei 2019.
Geskiedkundige vlae
Presidensiële standaarde Malgassiese Republiek
Demokratiese Republiek van Madagaskar
Derde Republiek van Madagaskar
Ander vlae
Etniese vlae
Militêre vlae
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Madagaskar by Flags of the World
Kategorie:Madagaskar Madagaskar