Lydia Lindeque (15 Januarie 1916 – 16 Julie 1997) was een van die pioniers van die Afrikaanse toneelkuns onder Paul de Groot en André Huguenet. Sy was onder andere met Uys Krige getroud. Sy het twee kinders, Eulalia en Tai, gehad.

Lindeque is in 1916 op Ficksburg gebore as Alida Lindeque. Sy wou eerder toneelspeel as skoolgaan en op 14-jarige ouderdom het sy aan Paul de Groot geskryf. Hy het haar genooi om by sy toneelgeselskap aan te sluit en sy het dadelik die hoofrol gekry in Die Rosekrans, sonder enige toneelopleiding.Lydia Lindeque beminde aktrise... steeds vol vuur, soos verskyn in Die Burger van 12 Maart 1988 De Groot het aan Alida haar verhoognaam, Lydia, gegee.

duimnael|links|Lydia Lindeque

Hy was verlief op die jong Vrystaatse nooi, maar die romanse het nie gevlot nie. In 1937 het sy en Uys Krige stilletjies voor die magistraat getrou terwyl sy opgetree het in 'n stuk met die naam Die Gevaarlike Huwelik.

Lindeque se outobiografie, Trek op die skerm!, het in 1941 verskyn. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het sy, Siegfried Mynhardt en ’n klompie ander akteurs in Noord-Afrika opvoerings vir Suid-Afrikaanse soldate gehou.

Haar eerste Engelse rol was as Viola in Twelfth Night. In die vyftigerjare het sy die titelrol van Yerma (ook in Engels) vir die Cape Town Theatre Productions gespeel. Krige was so begeester deur die sukses van die Engelse opvoering dat hy Yerma vertaal het. Dit is 1952 in drie aflewerings in die literêre tydskrif Standpunte gepubliseer. Toe dit in 1963 in boekvorm verskyn, het Krige dit opgedra "Aan Lydia Lindeque wie se Yerma ek nooit sal vergeet nie".Rykdom van Lorca se "Yerma" voer Krige dadelik mee, soos verskyn in Die Burger van 14 Januarie 2002

In 1958 is Lindeque en Krige geskei en sy is daarna met John Mantel, 'n sakeman, getroud. Hulle het in Andorra, tussen Frankryk en Spanje, gewoon.

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Geboortes in 1916 Kategorie:Sterftes in 1997