Die Anzjoe-eilande (Russies: острова Анжу; Jakoeties: Анжу арыылара) is ’n subgroep van die Nieu-Siberiese Eilande. Hulle is geleë noord van die Oos-Siberiese kus tussen die Laptef-see en die Oos-Siberiese See noord van Sacha (Jakoetië). Die totale oppervlakte van die Anzjoe-eilande is sowat 29 000 km².
Die hoofeilande van die subgroep is (van wes na oos): Belkofski-eiland (о. Бельковский; 500 km²) Kotelni-eiland (о. Коте́льный; 11 700 km²) en Faddejefski-eiland (о. Фадде́евский; 5 300 km²), wat verbind word deur Boenge-land (земля́ Бу́нге; 6 200 km², wat soms deur die see oorstroom is). Nowaja Sibir (о. Но́вая Сиби́рь; 6 200 km²)
Die eilande is genoem na die Russiese ontdekkingsreisiger Pjotr Fjodorowitsj Anzjoe, ’n Russies-gebore afstammeling van Protestantse vlugtelinge van die Franse provinsie Anjou. Hulle is feitlik onbewoon. Hulle behoort administratief aan Sacha (Jakoetië), ’n republiek van die Russiese Federasie.
Verwysings Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:Anzhu Islands
Kategorie:Eilande in Arktiese Oseaan Kategorie:Eilande van Rusland Kategorie:Onbewoonde eilande Kategorie:Siberië