Die Ljachofskije-eilande (Russies: Ляховские острова, Jakoeties: Ляхов арыылара) is die mees suidelike subgroep van die Nieu-Siberiese Eilande noord van die Oos-Siberiese kus tussen die Laptef-see en die Oos-Siberiese See noord van Sacha (Jakoetië). Die subgroep word van die vasteland geskei deur die Laptef-straat en van die Anzjoe-eilande deur die Sannikof-straat. Die eilande is: Groot Ljachofski-eiland (о. Большо́й Ля́ховский; 4 600 km²) Klein Ljachofski-eiland (о. Ма́лый Ля́ховский; 1 325 km²) Stolbowoi-eiland (о. Столбово́й; 170 km²) Semjonofski-eiland (о. Семёновский; 0 km², nou onder water)

Die eilande is genoem na Iwan Ljachof, wat hulle in 1773 verken het.

Verwysings Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:Lyakhovsky Islands

Kategorie:Eilande in Arktiese Oseaan Kategorie:Eilande van Rusland Kategorie:Onbewoonde eilande Kategorie:Siberië