Die De Long-eilande (Russies: Острова Де-Лонга; Jakoeties: Де Лоҥ арыылара) is ’n onbewoonde subgroep van die Nieu-Siberiese Eilande noord van die Oos-Siberiese kus tussen die Laptef-see en die Oos-Siberiese See noord van Sacha (Jakoetië). Hulle lê noordoos van Nowaja Sibir en word dikwels nie beskou as deel van die Nieu-Siberiese Eilande nie. Die totale oppervlakte van die De Long-eilande is sowat 228 km².

Die subgroep bestaan uit: Jeannette-eiland (о. Жанне́тты) Henriëtta-eiland (о. Генрие́тты) Bennett-eiland (о. Бе́ннетта) Wilkitskowo-eiland (о. Вильки́цкого) Zjachowa-eiland (о. Жо́хова)

Bennett-eiland is die grootste. ’n Groot deel van die eilande is met gletsers bedek. Hulle behoort administratief aan Sacha (Jakoetië), ’n republiek van die Russiese Federasie.

Geskiedenis Jeannette-, Henriëtta- en Bennett-eiland is in 1881 ontdek deur die Jeannette-ekspedisie onder George W. DeLong van die VSA-vloot. DeLong het die eilande vir die VSA opgeëis,De Long, George Washington, 1883, The Voyage of the Jeannette. Boston: Houghton, Mifflin and Company. maar Amerika het nooit op hulle aanspraak gemaak nie.Bureau of European and Eurasian Affairs, 2003, US State Department Fact Sheet. Washington, DC

Wilkitski- en Zjachowa-eiland is onderskeidelik in 1913 en 1914 deur Boris Wilkitski ontdek tydens ’n hidrografiese ekspedisie. Hulle lê verder suid, is laag geleë en is nie met gletsers bedek nie.

Henriëtta was het van 1937 tot 1963 ’n navorsingstasie gehuisves.Headland, R. K.,1994, Ostrova De-Longa ('De Long Islands'), Scott Polar-navorsingsinstituut

Verwysings Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:De Long Islands

Kategorie:Eilande in Arktiese Oseaan Kategorie:Eilande van Rusland Kategorie:Onbewoonde eilande Kategorie:Siberië