Locnville is 'n Suid-Afrikaanse musiekduo wat uit die Kaapse jongelinge en tweelingbroers Brian en Andrew Chaplin bestaan. Die duo is in die Verenigde State gebore, alhoewel hul vader Suid-Afrikaans is en hulle vir die grootste deel van hul lewens in Suid-Afrika gebly het. Die Chaplins het 'n passie vir musiek begin ontwikkel toe hulle op die ouderdom van ses beide hul eerste kitare gekry het. Die twee het in omgewing Kaapstad fondse deur hul musiek bymekaar gemaak en het op die ouderdom van agt hul eerste enkelsnit, "Amnesia", laat opneem. Tussen die ouderdom van agt en twaalf het hulle op 'n rock-gebaseerde genre gefokus, aangesien Brian perkussie en Andrew kitaar gespeel het. In 2001 het die twee na die Verenigde State verhuis, waar hul styl sterk deur hip-hop beïnvloed is.
Hulle het terug na Kaapstad verhuis, waar hulle slegs op hiphop- en kletskunsmusiek gefokus het. In 2005 en op die ouderdom van 15 het hulle by die 2005 Hip Hop Indaba opgetree, waar hulle die jongste deelnemers was. Die reaksie tydens en ná die optrede was grotendeels positief. Die broers het hulself op eTV se The Showbiz Report-vermaaklikheidsnuusprogram gesien en het die stasie gekontak en sodoende 'n tweede insetsel in die program gereël. In hierdie stadium was hulle ook besig met die opname van hul eerste hip-hopdemo, getiteld Making a name for us. Die snit "What if I said" het gewildheid in veral Kaapstad gewerf en het die aandag van die Suid-Afrikaanse vervaardiger Gabi le Roux getrek.
In samewerking met Le Roux en R&B-/soul-sanger Given Phike is die konsepgroep III gevorm. Hierdie groep se debuutoptrede het by 'n Tropika-skoonheidsgeleentheid in Stellenbosch plaasgevind waar hulle die aandag van MXit se Algemene Bestuurder, Paul Stemmet, getrek het. Hierna het hulle die eerste groep ooit geword om hul debuutalbum op MXit Music vry te stel. Die vrystelling was geweldig suksesvol en hulle het meer as 500 000 eenhede landswyd verkoop, wat aan hulle dubbelplatinumstatus besorg het. Hulle het ook aan musiekvervaardiging met maatskappye soos Kaleidosound Music Productions, Contra-Banned en MXit deelgeneem.
Locnville is die tweeling se nuutste musikale projek wat hulle in samewerking met Contra-Banned bedryf. Hierdie handeling maak gebruik van vloeiende synths, swaar baslyne, upbeat en ingewikkelde perkussie met vloeiende en melodiese gesang om 'n unieke musikale klank te vorm. Hul debuutalbum Retro Electro bevat die snit "Sun in my pocket" wat op 5FM gespeel is, terwyl die musiekvideo vir daardie snit, wat deur Contra-Banned vervaardig is, op VH1, MTV en al die SAUK-kanale in rotasie was.
Diskografie
Albums
2010: Sun in My Pocket 2011: Running To Midnight 2015: The Hits 2016: Taste the Weekend 2021: The Burn Box
Enkelspelers
2010: Sun in My Pocket 2010: There 2010: 6 Second Poison 2011: Stars Above You 2011: Staring At The World Outside (feat. Natasha Meister) 2012: Balling 2015: I Can't Sleep 2016: Grapevine 2016: Cold Shoulder (Radio Edit) 2017: Done (feat. Radio!&Weasel) 2018: Better With Silence (feat. YoungstaCPT) 2018: Baloo 2018: Lemon Moon 2018: Baloo (Pascal & Pearce Remix) 2019: New Rich (feat. Locnville) 2019: Paid 2019: Little Less Liquor (feat. Anica Kiana) 2020: Tribes & Angels (feat. Muzi Mnisi) 2020: 95 Skyline (feat. Locnville) 2020: Tribes & Angels (feat. Muzi Mnisi, New Beat Order Remix) 2020: 95 Skyline (feat. Locnville, Beats By Breakfast Remix) 2020: Miracles (feat. Apple Gule, Remix) 2021: Trophy (feat. Khumz) 2021: Cadillac 2021: Desperado 2021: I Got Ya Babe 2021: When The Sun Goes Down 2021: Desperado (Francis Turner Remix) 2022: Broken Telephone 2022: Broken Telephone (Sickluv Remix) 2022: Heartless 2023: 90's Sad Boy 2023: Golden Eagle (Milked by Locnville) 2023: Be My Love (feat. Max Hurrell)
Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musiekgroepe
Eksterne skakels Amptelike webwerf MySpace-profiel
Amptelike Twitter-profiel Last.fm-profiel
Onderhoude MyCityByNight-onderhoud
Kategorie:Suid-Afrikaanse musiekgroepe