5FM is 'n Suid-Afrikaanse FM-radiostasie wat 'n Top 40-formaat volg en deur die SAUK (Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie), Suid-Afrika se openbare uitsaaier, besit word. 5FM is in Aucklandpark, Johannesburg gesetel. Die stasie saai landswyd uit, met 'n teikenmark van jeugdige Suid-Afrikaners.
Oorsprong en geskiedenis Die stasie het uit 'n kommersiële stasie, LM Radio wat gesetel is in Lourenço Marques (nou Maputo) in die naburige Mosambiek ontstaan. Radio 5 het vir die eerste keer op 13 Oktober 1975 op die lug verskyn, enkele maande nadat Mosambiek sy onafhanklikheid van Portugal op 25 Junie 1975 verkry het. Radio 5 is met 8 mediumgolfsenders gestig wat voorsiening gemaak het vir die popmusiek luisteraars. Die naam dui die vyfde radiostasie van die destydse SAUK aan.
In 1992 is Radio 5 herbemark en die naam is na 5FM verander. Die huidige logo is 'n rooi 5 en FM binne 'n sirkel en die woorde "The Power of" bo-aan die sirkel. Musiek is die kern van 5FM se uitsendings met nuus, sport en verkeersverslae wat voorsiening maak vir 'n wye verskeidenheid van smake vir die jeugdige mark.
5FM het drie digitale platforms waardeur dit betrokke is by sy luisteraars: www.5fm.co.za (primêre digitale portaal) – Die stasie se tuisblad wat die nuutste musiek, gebeure, inligting oor optredes en die platejoggies verskaf. m.5fm.co.za – Die stasie se mobiele tuiste wat sorg vir musiek, gebeure en inligting oor optredes. www.youngblood5.co.za – 'n Platform wat luisteraars aanmoedig om hul sê te sê en wat die platejoggies se liefdadigheidsbetrokkenheid dek. Dit gee ook aandag aan nie-winsgewende organisasies en aktiwiteite waarby luisteraars betrokke kan raak. Dit dien as 'n blog vir die debatering van aktuele kwessies.
Platejoggies
Angie Khumalo Bongi Mbelu Catherine Christina Knight Damon Kalvari DJ Euphonik DJ Fresh DJ Warras Dudu Ramela Duran Elana Afrika Erica Elle Fix Gareth Cliff Grant Anele Jen Su
KB Kim Schulze Koula Leigh-Ann Mol Mabale Moloi Mlu Owen Hannie Poppy Ntshongwana Rob Vember Roger Goode Sasha Martinengo Sias du Plessis Sureshnie Rider Thabo Modisane Travers
Programskedules April 2010 tot -
Maandae tot Vrydae00:00 – 03:00 – Nicole da Silva03:00 – 06:00 – Poppy Ntshongwana06:00 – 09:00 – Gareth Cliff on 5FM Mornings09:00 – 12:00 – Sasha Martinengo12:00 – 15:00 – Grant and Anele15:00 – 19:00 – The Fresh Drive19:00 – 22:00 – Rob Vember22:00 – 00:00 – 5FM Power Nite of Hip Hop & R&B – C-Live (Maandae) – 5FM Power Nite of Pop – Fikile “Fix” Moeti (Dinsdae) – 5FM Power Nite of Dance & Kwaito – Fresh & Euphonik (Woensdae) – 5FM Power Nite of Rock – Jon Savage (Donderdae) – The Friday Night Fix – Fikile “Fix” Moeti (Vrydae)
Saterdae01:00 – 04:00 – Dineo Lusenga04:00 – 07:00 – Elma Smit07:00 – 10:00 – 5FM Weekend Breakfast with Thomas Msengana10:00 – 14:00 – 5FM Top 40 – Sureshnie Rider14:00 – 17:00 – KB17:00 – 19:00 – Catherine Grenfell (Live)519:00 – 22:00 – The Saturday Surgery- Roger Goode22:00 – 01:00 – Studio 55 – Erica Elle
Sondae01:00 – 04:00 – Dineo Lusenga04:00 – 07:00 – Elma Smit07:00 – 10:00 – 5FM Weekend Breakfast with Thomas Msengana10:00 – 14:00 – Sunday stuff with Sureshnie Rider & Koula14:00 – 17:00 – KB17:00 – 19:00 – New Music Space – Bongi19:00 – 22:00 – My House – Euphonik22:00 – 01:00 – Fix
Eksterne skakels Amptelike webwerf
Kategorie:Suid-Afrikaanse radiostasies