MXit Music was 'n MXit-produk wat ten doel gehad het om die groei van Suid-Afrikaanse musiek te ondersteun. MXit Music het aan opkomende sowel as gevestigde musikale kunstenaars 'n platform gebied om deur middel van hul uitgebreide aanlyn en mobiele gemeenskappe hul produk te bemark. Hierdie proses hets ook behels dat die musici geld vir aflaaie verdien sonder dat 'n derde party of tussenganger betrokke was. Gebruikers kon na musiek luister en daarvoor stem deur van hierdie diens gebruik te maak.
Eksterne skakels Amptelike webwerf
Kategorie:Suid-Afrikaanse webwerwe