duimnael|links|260px|Die opstal op die plaas Vanaswegensfontein, distrik Loxton. Dis opgerig deur Jan Hugo en het later behoort aan Dries Wiese, 'n dorperboer.

Loxton is 'n klein skaapboerdery-dorpie in die Noord-Kaap, Suid-Afrika. Die dorp lê 81 km wes van Victoria-Wes en 63 km suid van Carnarvon aan die voet van die Uitspanberg.

Geskiedenis Loxton is in 1899 aangelê op die plaas Phizantefontein, wat van AE Loxton gekoop is, as 'n skaapboerderysentrum en word in 1905 'n munisipaliteit.Inligting oor Loxton (www.northerncape.org.za)

Omgewing Daar is 'n dam aan die oostekant van die dorp wat gevoed word deur 'n natuurlike fontein. Tydens die oorstromings in die noordweste van die Kaapprovinsie in Maart 1961 het die damwal bokant Loxton gebreek en die vloed het groot skade aangerig. Elf nuwe huise is gebou en driekwart van die bestaande geboue moes herstel word.

Daar is Boesmanrotskuns op die plaas Taaibosfontein te sien.

Persone hier gebore Ena Murray, Afrikaanse skrywer.

Sien ook Die Laaste Tango, rolprent wat hier verfilm is. Jakhalsdans, rolprent wat hier verfilm is. Lys van dorpe in Suid-Afrika

Bronne Erasmus, B.P.J.: Op Pad in Suid-Afrika. 1995. Naudé-Moseley, Brent: Loxton. Land of the stoep. In: Village Life. Loxton Eeufeesbundel. Nita Griesel. 1999.

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in die Noord-Kaap