Die Ob (Russies: Обь, [opʲ]) is ’n belangrike rivier in Wes-Siberië in Rusland wat saam met sy sytak die Irtisj een van die grootste rivierstelsels ter wêreld vorm (lengte: 5 410 km, stroomgebied: 2 975 000 km²). Dit vloei net deur Russiese grondgebied. Die Ob self is die vierde langste rivier in Rusland; van die oorsprong van die Irtisj tot by die mond van die Ob is dit die land se langste rivier. Dit het die langste riviermonding in die wêreld.

Name duimnael|links|Nasa-Satellietbeeld van die Ob vlakby die monding in die Karasee duimnael|links|Nasa-Satellietbeeld van die Karasee met die mondings van die Jenisej- (links) en Ob-riviere (regs) Die Ob word As, Jag, Kolta en Jema genoem deur die Chanti-volk, Kolta of Koeai deur die Nenets-volk en Oemar of Omar deur die Siberiese Tartare.

Geografie Albei bronriviere van die Ob, die Katoen en die Bija, ontspring in die Altai-gebergte. Van die stad Bijsk vloei die twee saam as die Ob, wat by Chanti-Mansiisk met die Irtisj saamvloei en daarna nog 1 162 km aflê na die Obboezem, die riviermonding aan die Karasee, waarin hulle uitmond.

Nowosibirsk is die grootste stad aan die Ob. In die Siberiese Laagvlakte is Soergoet en Salechard die vernaamste stede.

Sytakke Afgesien van die Irtisj is die belangrikste sytakke die Tom-, Tsjoelim-, Ket- Tim- en Wach-rivier.

Verwysings

Notas Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel :nl:Ob (rivier)

Eksterne skakels

Kategorie:Riviere in Rusland Kategorie:Siberië