USI Lupo-Martini Wolfsburg is 'n sportklub uit Wolfsburg in die deelstaat Neder-Sakse in Duitsland. Behalwe sokker het die klub ook 'n afdeling vir boccia.
Die klub is in 1981 gestig as 'n samesmelting van ISC Lupo en US Martini. ISC Lupo is in 1962 gestig deur Italiaanse inwoners van Wolfsburg en met die ondersteuning van die sosiale klub van Volkswagen AG. Die klub was die eerste uitlander-klub in Wes-Duitsland wat toegelaat is tot die Duitse sokkerstruktuur. Lupo beteken “wolf” in Italiaans.
Teen 1970 het die aantal Italianers in Wolfsburg tot 12 000 gegroei en US Martini is gestig. Toe die twee klubs in 1981 saamgesmelt het was die klub aanvanklik 'n suiwer Italiaanse klub, maar vandag het die klub lede van baie nasionaliteite en is dit 'n tipiese Wolfsburgse sportklub.
Die klub se grootste prestasie was om te promoveer na die Oberliga Nedersakse-Oos in 2009 en sodoende vir die eerste keer die nommer twee-klub in Wolfsburg te word, na VfL Wolfsburg, wat toevallig in dieselfde jaar vir die eerste keer ooit die Duitse sokkerkampioen geword het.
Onlangse ligaposisionering 1981-82 (VIII) Bezirksklasse stapel 2 7de 1982-83 (VIII) Bezirksklasse stapel 2 12de 1983-84 (VIII) Bezirksklasse stapel 2 7de 1984-85 (VIII) Bezirksklasse stapel 2 7de 1985-86 (VIII) Bezirksklasse stapel 2 8ste 1986-87 (VIII) Bezirksklasse stapel 2 6de 1987-88 (VIII) Bezirksklasse stapel 2 10de 1988-89 (VIII) Bezirksklasse stapel 2 5de 1989-90 (VIII) Bezirksklasse stapel 2 4de 1990-91 (VIII) Bezirksklasse stapel 2 1ste 1991-92 (VII) Bezirksliga N Brunswyk 8ste 1992-93 (VII) Bezirksliga N Brunswyk 10de 1993-94 (VII) Bezirksliga N Brunswyk 4de 1994-95 (VII) Bezirksliga N Brunswyk 3de 1995-96 (VII) Bezirksliga N Brunswyk 1ste 1996-97 (VI) Landesliga Brunswyk 11de 1997-98 (VI) Landesliga Brunswyk 13de 1998-99 (VI) Landesliga Brunswyk 11de 1999-00 (VI) Landesliga Brunswyk 12de 2000-01 (VI) Landesliga Brunswyk 16de 2001-02 (VI) Landesliga Brunswyk 17de 2002-03 (VII) Bezirksliga N Brunswyk 13de 2003-04 (VII) Bezirksliga N Brunswyk 12de 2004-05 (VII) Bezirksliga N Brunswyk 1ste 2005-06 (VI) BOL Brunswyk 12de 2006-07 (VI) BOL Brunswyk 3de 2007-08 (VI) BOL Brunswyk 9de 2008-09 (VI) BOL Brunswyk 2de 2009-10 (V) Oberliga Nedersakse-O
Eksterne skakels Amptelike klubwerf
Oberliga Neder-Sakse Oos 2009/10-seisoen SV Ahlerstedt-Ottendorf - SV Blouwit Bornreihe – Eintracht Brunswyk II – FT Brunswyk – Rooiwit Cuxhaven – SV Drochtersen-Assel – MTV Gifhorn – SVG Göttingen 07 – TuS Güldenstern-Stade – TuS Heeslingen – VfV Borussia 06 Hildesheim - FC Hansa Lüneburg – FC Eintracht Northeim – BSV Ölper 2000 – VSK Osterholz-Scharmbeck – TSV Ottersberg – USI Lupo-Martini Wolfsburg
Wolfsburg Kategorie:Wolfsburg