Karl William Jenkins OBE D.Mus. (gebore 17 Februarie 1944) is 'n Walliese musikant en komponis. Jenkins is aangestel as 'n offisier van die Orde van die Britse Ryk in die Nuwejaars-erelys van 2005.

Agtergrond Jenkins is gebore en getoë in die dorpe Penclawdd op die Gower-skiereiland. Sy vader, wat 'n plaaslike onderwyser, orrelis en koorleier was, het hom aanvanklik aan musiek bekend gestel. Jenkins was 'n leerling aan die Gowerton Grammar School in Swansea.

Jenkins het sy musikale loopbaan begin as 'n hoboïs in die Nasionale Jeugorkes van Wallis. Hy het in musiek gaan studeer aan die Cardiff Universiteit en het sy nagraadse studies voortgesit aan die Royal Academy of Music waar hy sy vrou en musikale medewerker, Carol Ballatt, ontmoet het.Carol Barratt by Allmusic

Eksterne skakels Karl Jenkins se amptelike webblad Biografie by Calyx (Canterbury musiekwebblad) Karl Jenkins op MySpace Karl Jenkis se musiek in TV advertensies at ADmusicDB.com Karl Jenkins biografie van BBC Walli

Verwysings

Kategorie:Walliese komponiste Kategorie:Geboortes in 1944 Kategorie:Lewende mense