Campbell (voorheen Grootfontein of Knoffelvallei ) is 'n klein dorp in die Noord-Kaap, Suid-Afrika. Die N8-nasionale pad en die R385-streeksroete kruis in die dorp.
Geskiedenis Die dorpie het as 'n sendingstasie begin deur die Londense Sendinggenootskap. Die kerk is in 1831 gebou en was die eerste noord van die Oranjerivier. Die naam is later verander na Campbell ter ere van eerwaarde John Campbell, direkteur van die Londense Sendinggenootskap. Die ou sendingkerk is nou 'n nasionale monument.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Bronne Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in die Noord-Kaap