Die Collegiate Church of St Peter at Westminster, waarna byna altyd in die omgang as Westminster-abdy verwys word, is 'n Gotiese kerkgebou in die City of Westminster, Londen, naby die paleis met die dieselfde naam. Dit is die kerk waarin Britse koninklikes gekroon en waaruit hulle begrawe word. Die kerk het skaars 'n dekade lank, van 1546 tot 1556, die status van 'n katedraal geniet. Die Westminster-abdy is in 1987 deur Unesco as wêrelderfenis gelys.
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Geboue en strukture in Londen Kategorie:Kerkgeboue in die Verenigde Koninkryk Kategorie:Kloosters Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in die Verenigde Koninkryk