Hectorspruit is 'n dorpie in die ooste van Mpumalanga, Suid-Afrika. Die dorp is tussen die dorpe Kaapmuiden en Komatipoort geleë.
Geskiedenis Die dorp lê op die oewer van die Hectorspruit, 'n sytak van die Krokodilrivier. Die spruit het weer sy naam van die hond van Servaas de Kock gekry. De Kock was die landmeter wat die Pretoria-Delagoabaai-spoorlyn opgemeet het. Die spoorlyn het die dorp in 1891 bereik.
Nadat President Paul Kruger die Zuid-Afrikaansche Republiek verlaat het op 11 September 1900 het die Boere die Tweede Vryheidsoorlog in guerillavorm uit hierdie dorpie voortgesit.
Distrik Daar word suikerriet, groente en subtropiese vrugte in die distrik verbou.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.
Kategorie:Nedersettings in Mpumalanga