Blink-182 is 'n Amerikaanse poppunkgroep vanuit Poway, Kalifornië. Die groep het in 1992 onder die naam Blink tot stand gekom met die besetting bestaande uit Tom DeLonge (stem, kitaar), Mark Hoppus (stem, baskitaar) en Scott Raynor (tromme). Travis Barker het Raynor in 1998 halfweg deur 'n musiektoer deur die VSA vervang. DeLonge het die groep in 2005 verlaat, wat die groep op 'n onbeperkte hiaat geplaas het. DeLonge het intussen die groep Angels & Airwaves gevorm terwyl Hoppus en Barker in die groep +44 voortgespeel het. Op 8 Februarie 2009 het Blink-182 aangekondig dat die groep se hiatus beëindig is en dat hulle in die ateljee besig is om 'n album op te neem.
Diskografie
Albums Cheshire Cat (1994) Dude Ranch (1997) Enema of the State (1999) Take Off Your Pants and Jacket (2001) Blink-182 (2003) Neighborhoods (2011) California (2016) Nine (2019) One More Time... (2023)
Uitgebreide spelers (EP)
They Came to Conquer... Uranus (1995) Dogs Eating Dogs (2012)
Verdeeldes
Short Bus (1994) (With the Iconoclasts) Lemmings (1996) (With Swindle)
Demos
Flyswatter (1993) Demo 2 (1993) Buddha (1994)
Samestellings
Greatest Hits (2005) Icon (2013)
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webwerf MySpace-profiel YouTube-kanaal
Kategorie:Amerikaanse musiekgroepe