Australië 200px|Ligging van Australië op 'n wêreldkaart Oppervlakte 8 600 000 km² Bevolking 36 000 000 Bevolkingsdigtheid 4,2 inwoners/km² Lande 3 (Australië, Papoea-Nieu-Guinee en dele van Indonesië) Tale Engels, Indonesies, Tok Pisin en Hiri Motu Tydsones UTC+10, UTC+9.30, UTC+8 Grootste stede 1. Sydney2. Melbourne3. Brisbane4. Perth5. Adelaide
Australië is 'n kontinent in die Suidelike halfrond. Die kontinent lê tussen die Indiese Oseaan (wes) en die Stille Oseaan (oos). Die kontinent bestaan uit die land Australië en die eilande Tasmanië en Nieu-Guinee. Soms word ook die eilandnasies in die Stille Oseaan as deel van die kontinent Australië beskou, veral Australië se politiese en kulturele buurland Nieu-Seeland. Hierdie gebied word dikwels ook die kontinent Oseanië genoem. Die kontinent se voormalige naam was Nieuw-Holland, vernoem ná die Nederlandse provinsie Holland soos ook Nieu-Seeland ná Zeeland vernoem is. Veral in Europa word die gebied as die vyfde kontinent beskou.
* Kategorie:Kontinente