Die Afrika-unie (AU in Engels en UA in ander amptelike tale; Arabies: الاتحاد الأفريقي, Engels: African Union, Frans: Union africaine, Portugees: União Africana, Spaans: Unión Africana, Swahili: Umoja wa Afrika Official Languages "Art. 11 AU" Protocol on amendments to the constitutive act of the African Union ) is 'n internasionale organisasie van 55 Afrika-lande. au.int: Member States Die hoofstad van die Afrika-unie is Addis Abeba in Ethiopië en die Pan-Afrika Parlement is in Midrand in Suid-Afrika geleë. Die AU se voorganger is die Organisasie vir Afrika-eenheid (OAE) wat op 9 Julie 2002 deur die AU vervang is. africa-union.org: Launch of the African Union, 9 July 2002: Address by the chairperson of the AU, President Thabo Mbeki Die de facto amptelike tale is Arabies, Engels, Frans, Portugees, Spaans en Swahili, terwyl de jure elke taal van Afrika amptelik is. africa-union.org: Art. 11 Protocol on Amendments to the Constitutive Act of the African Union Sedert Marokko se terugkeer op 30 Januarie 2017 is elke Afrikaland lid van die AU, insluitende die omstrede Arabiese Demokratiese Republiek Sahara.

Lidlande Huidige lede

Waarnemerlande duimnael|links|Streke van die Afrika-unie – in afwagting van geassosieerde lidstatus tydens die AU-spitsberaad op 2 Februarie 2012. – ná die ratifikasie van die verdrae op 14 November 2013 het die minister vir buitelandse sake, Erlan Idrisof, die permanente verteenwoordiger van die Republiek Kasakstan in die Afrika-unie geword. – sedert 2012. – sedert 2013. – sedert 2012. – sedert 2013. – die ministers vir buitelandse sake Ivan Mrkić het in 2012 asook 2014 en Vuk Jeremić het in 2011 aan die spitsberade in Addis Abeba deelgeneem. – sedert 2005. – sedert 2016. – sedert 2011.

Voormalige lede 23px Tanganjika – Op 26 April 1964 saamgesmelt met Zanzibar om die Verenigde Republiek Tanganjika en Zanzibar te vorm wat op 1 November 1964 herdoop is tot Tanzanië. 23px Zanzibar – Op 26 April 1964 saamgesmelt met Tanganjika om die Verenigde Republiek Tanganjika en Zanzibar te vorm wat op 1 November 1964 herdoop is tot Tanzanië.

Voormalige Kandidaatlande – Die enigste Afrikaland wat nie 'n lid van die Afrika-unie was nie is Marokko, wat die AU se voorganger, die Organisasie vir Afrika-eenheid (OAE), op 12 November 1984 verlaat het toe baie ander lidlande die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara van die Wes-Sahrawiese nasionalistiese Polisario Front gesteun het. news.bbc.co.uk: OAU considers Morocco readmission arabicnews: South African paper says Morocco should be one of the AU and NEPAD leaders Marokko se bondgenoot, Zaïre, het ook die OAE se toelating van die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara geopponeer asook die boikot teen die regime van Mobutu Sese Seko deur die organisasie van 1984 tot 1986. lcweb2.loc.gov: Zaire: A Country Study, "Relations with North Africa" Sommige lande het sedertdien hul ondersteuning vir die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara teruggetrek. map.ma: Togo confirms to AU withdrawal of recognition of SADR Op 30 Januarie 2017 het Marokko weer by die Afrika-unie aangesluit. – het in 1991 sy onafhanklikheid van Somalië verklaar en in 2005 aansoek gedoen vir lidmaatskap, wat in 2006 verwerp is. afrol.com: Somaliland disappointed with African Union

Ontwikkeling duimnael|Lidlande van die AU se voorganger Organisasie vir Afrika-eenheid volgens jaar

Verklaring oor die soewereiniteit van Afrika In Mei 2004 het die Kommissie van die Afrika-unie 'n strategiese plan uitgereik, waarin vir die eerste keer die gesag van buitelandse magte oor afhanklike gebiede in Afrika verwerp is. africa-union.org: voir l'annexe 3 Site de l'Union africaine

duimnael|Kaart van Afrika met afhanklike gebiede Gebiede Territoriale mag Territoriale aanspraak Asore Britse Indiese Oseaangebied en Ceuta en Melilla Kanariese Eilande Madeiraeilande Mayotte Réunion Sint Helena, Ascension en Tristan da Cunha

Lys van presidente Afrika-unie rulers.org: International organizations A-N – African UnionNaamBegin van ampstermynEinde van ampstermynLand Thabo Mbeki 9 Julie 2002 10 Julie 2003 Joaquim Chissano 10 Julie 2003 6 Julie 2004 Olusegun Obasanjo 6 Julie 2004 24 Januarie 2006 Denis Sassou Nguesso 24 Januarie 2006 24 Januarie 2007 John Kufuor 30 Januarie 2007 31 Januarie 2008 Jakaya Kikwete 31 Januarie 2008 2 Februarie 2009 Moeammar al-Ghaddafi 2 Februarie 2009 31 Januarie 2010 Bingu wa Mutharika 31 Januarie 2010 31 Januarie 2011 Teodoro Obiang Nguema Mbasogo 31 Januarie 2011 29 Januarie 2012 Yayi Boni 29 Januarie 2012 27 Januarie 2013 Hailemariam Desalegn 27 Januarie 2013 30 Januarie 2014 Mohamed Ould Abdel Aziz 30 Januarie 2014 30 Januarie 2015 Robert Mugabe 30 Januarie 2015 30 Januarie 2016 Idriss Déby 30 Januarie 2016 30 Januarie 2017 Alpha Condé 30 Januarie 2017 28 Januarie 2018 Paul Kagame 28 Januarie 2018 10 Februarie 2019 Abdel Fattah el-Sisi 10 Februarie 2019 10 Februarie 2020 Cyril Ramaphosa 10 Februarie 2020 6 Februarie 2021 Félix Tshisekedi 6 Februarie 2021 5 Februarie 2022 Macky Sall 5 Februarie 2022 18 Februarie 2023 Azali Assoumani 18 Februarie 2023 17 Februarie 2024 Mohamed Ould Ghazouani 17 Februarie 2024 15 Februarie 2025 João Lourenço 15 Februarie 2025 14 Februarie 2026 Évariste Ndayishimiye 14 Februarie 2026 hede

Lys van voorsitters Afrika-unieNaamBegin van ampstermynEinde van ampstermynLand Amara Essy 9 Julie 2002 16 September 2003 Alpha Oumar Konaré 16 September 2003 28 April 2008 Jean Ping 28 April 2008 15 Oktober 2012 Nkosazana Dlamini-Zuma 15 Oktober 2012 14 Maart 2017 Moussa Faki 14 Maart 2017 13 Maart 2025 Mahamoud Ali Youssouf 13 Maart 2025 hede

Presidente van die Pan-Afrika Parlement Afrika-unieNaamBegin van ampstermynEinde van ampstermynLand Gertrude Ibengwe Mongella 18 Maart 2004 29 Mei 2009 Idriss Ndele Moussa 29 Mei 2009 28 Mei 2012 Bethel Nnaemeka Amadi 28 Mei 2012 27 Mei 2015 Roger Nkodo Dang 27 Mei 2015 1 April 2020 Bouras Djamel 1 April 2020 1 Maart 2021 Fortune Z. Charumbira 1 Maart 2021 hede

Sien ook Afrika-diaspora Ekonomiese Gemeenskap van Wes-Afrika-state Europese Unie Gemeenskaplike Monetêre Gebied Suider-Afrikaanse Doeane-unie Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap

Verwysings

Bronnelys Yassin El-Ayouty: The Organization of African Unity After Thirty Years, Westport/New York 1994. Christof Heyns, Evarist Baimu, Magnus Killander: The African Union, in: German Yearbook of International Law 46 (2004) Konstantinos D. Magliveras, Gino J. Naldi: The African Union – A New Dawn for Africa?, in: International and Comparative Law Quarterly 51 (2002) Corinne A. A. Packer, Donald Rukare: The New African Union and Its Constitutive Act, in: American Journal of International Law 96 (2002)

Eksterne skakels

Amptelike webwerf The Constitutive Act Pan-African Parliament Peace and Security Council