duimnael|links|180px|Die teleskoop gebruik om Deimos en Fobos die eerste keer waar te neem. duimnael|links|180px|Wentelbane van Fobos en Deimos (volgens skaal). Deimos (Grieks: Δείμος; ook Mars II) is die kleinste en verste van die twee mane van die planeet Mars. Die ander maan is Fobos. Dit is genoem na Deimos, 'n seun van Ares (Mars) en Afrodite in die Griekse mitologie, en beteken "terreur" of "vrees".

Dit is ook een van die kleinste mane in die Sonnestelsel.

Ontdekking Deimos is op 12 Augustus 1877 die eerste keer waargeneem deur die Amerikaanse sterrekundige Asaph Hall by die Amerikaanse Marinesterrewag in Washington, D.C.Observations of the Satellites of Mars Asaph Hall het ook Fobos, Mars se ander maan, ontdek.

Die name is voorgestel deur Henry Madan (1838-1901), natuurwetenskapmeester by Eton, vanuit Boek XV van die Ilias, waar Ares sy twee seuns (Fobos en Deimos) oproep.Hall, Asaph; Names of the Satellites of Mars, Astronomische Nachrichten, Vol. 92, No. 2187 (14 Maart 1878, signed 7 Februarie 1878), p. 47/48

Deimos is in 1971 van naderby gefotografeer deur Mariner 9, in 1977 deur Viking 1, in 1988 deur Fobos 2, in 1998 en 2003 deur Mars Global Surveyor en in 2004 en 2008 deur die Mars Express.

Verwysings

Eksterne skakels

Martian Moon Deimos from MRO Astronomy Picture of the Day, 16 Maart 2009 NASA Images Deimos Profile by NASA's Solar System Exploration Deimos rotation movie Animasie van Deimos USGS Deimos nomenclature

Eietydse verwysings na die eerste waarneming van Fobos en Deimos: The Observatory, 1 (1877) 181 Astronomische Nachrichten, 91 (1878) 13/14 Monthly Notices of the Royal Astronomical Society, 38 (1878) 205 Astronomische Nachrichten, 92 (1878) 47/48 Table II confirms 1877-08-18.38498 for first observation of Deimos

Kategorie:Mane van Mars