Kaapmuiden is 'n dorp in die ooste van Mpumalanga, Suid-Afrika. Die dorp is tussen die dorpe Malelane en Nelspruit geleë. Die dorp kry sy naam van die samevloeiing van die Kaaprivier by die Krokodilrivier, waarby die woord muiden mond beteken.
Geskiedenis Die dorp lê op die hoofspoorlyn tussen Pretoria en Maputo. Hier tak twee spoorlyne af: 'n taklyn suidwes na Barberton en 'n taklyn noord na Soekmekaar. Die Barbertonlyn is in 1896 ingewy.
Distrik Die belangrikste gewasse is suikerriet, subtropiese vrugte en groente.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Bronnelys
Kategorie:Nedersettings in Mpumalanga