Hoedspruit is 'n dorp in die ooste van die Limpopoprovinsie, Suid-Afrika. Die dorp is 30 km noord van Acornhoek.
Geskiedenis Ds. Frans Lion Cachet het in 1865 reeds hier 'n vergadering gehou. Die oorspronklike plaas, ook Hoedspruit, is in 1869 opgemeet. Die eerste poskantoor is in 1890 geopen. Die takspoorlyn van 60 km na Phalaborwa is in 1963 teen 'n koste van R4 miljoen voltooi.
Die Lugmagbasis Hoedspruit is 'n belangrike basis van die Suid-Afrikaanse Lugmag op Hoedspruit.
Ekonomie Vanweë die nabyheid aan private wildreservate en die Krugerwildtuin lewer ekotoerisme 'n groot bydrae tot die plaaslike ekonomie. duimnael|links|Toeriste neem foto's in die Kapama privaatwildreservaat
Sien ook Gereformeerde kerk Hoedspruit Lys van dorpe in Suid-Afrika
Bronne
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Limpopo