BFV Hassia Bingen is 'n sportklub uit Bingen am Rhein in die deelstaat Rynland-Palts in Duitsland. Benewens sokker, het die klub ook 'n afdeling vir tafeltennis, waarvan die damespan vanaf die 2010-seisoen vir die eerste keer op die hoogste vlak in die tafeltennis-Bundesliga vir dames meeding. Hassia is Latyns vir Hesse.
Die klub is op 20 Mei 1925 gestig met die samesmelting van Binger FV (gestig in 1910) met Hassia Kempten. Na die Tweede Wêreldoorlog is alle sportklubs deur die Geallieerdes ontbind, maar in 1946 word die klub met dieselfde naam herstig as 'n samesmelting van alle vooroorlogse klubs uit Bingen.
Die klub het tussen 1926 en 1930 op die hoogste vlak gespeel in die Bezirksliga Rheinhessen-Saar en Bezirksliga Main-Hessen, maar hierna het die klub in die laer ligas gespeel (daar is wel in 1940 onsuksesvol deelgeneem aan die uitspeelwedstryde om promosie na die Gauliga Suidwes).
Die klub se grootste prestasie was om in die 1945/46- en 1952/53-seisoene in die Oberliga Suidwes op die hoogste vlak te kon meeding, asook om die derde rondte van die DFB-Pokal te haal in 1975.
Onlangse ligaposisionering 1963-64 (III) Amateurliga Suidwes 9de 1964-65 (III) Amateurliga Suidwes 12de 1965-66 (III) Amateurliga Suidwes 8ste 1966-67 (III) Amateurliga Suidwes 7de 1967-68 (III) Amateurliga Suidwes 14de 1968-69 (IV) Bezirksliga Rheinhessen 4de 1969-70 (IV) 2.Amateurliga R-hessen 1ste 1970-71 (IV) 2.Amateurliga R-hessen 11de 1971-72 (IV) 2.Amateurliga R-hessen 2de 1972-73 (IV) 2.Amateurliga R-hessen 1ste 1973-74 (IV) 2.Amateurliga R-hessen 1ste 1974-75 (III) Amateurliga Suidwes 11de 1975-76 (III) Amateurliga Suidwes 5de 1976-77 (III) Amateurliga Suidwes 2de 1977-78 (III) Amateurliga Suidwes 2de 1978-79 (III) Am.Oberliga Suidwes 6de 1979-80 (III) Am.Oberliga Suidwes 14de 1980-81 (III) Am.Oberliga Suidwes 9de 1981-82 (III) Am.Oberliga Suidwes 8ste 1982-83 (III) Am.Oberliga Suidwes 5de 1983-84 (III) Am.Oberliga Suidwes 4de 1984-85 (III) Am.Oberliga Suidwes 10de 1985-86 (III) Am.Oberliga Suidwes 8ste 1986-87 (III) Am.Oberliga Suidwes 8ste 1987-88 (III) Am.Oberliga Suidwes 11de 1988-89 (III) Am.Oberliga Suidwes 10de 1989-90 (III) Am.Oberliga Suidwes 9de 1990-91 (III) Am.Oberliga Suidwes 16de 1991-92 (IV) Verbandsliga Suidwes 3de 1992-93 (IV) Verbandsliga Suidwes 3de 1993-94 (IV) Verbandsliga Suidwes 2de 1994-95 (IV) Oberliga Suidwes 9de 1995-96 (IV) Oberliga Suidwes 4de 1996-97 (IV) Oberliga Suidwes 9de 1997-98 (IV) Oberliga Suidwes 15de 1998-99 (IV) Oberliga Suidwes 16de 1999-00 (IV) Oberliga Suidwes 13de 2000-01 (IV) Oberliga Suidwes 19de 2001-02 (V) Verbandsliga Suidwes 3de 2002-03 (V) Verbandsliga Suidwes 1ste 2003-04 (IV) Oberliga Suidwes 13de 2004-05 (IV) Oberliga Suidwes 9de 2005-06 (IV) Oberliga Suidwes 17de 2006-07 (V) Verbandsliga Suidwes 8ste 2007-08 (V) Verbandsliga Suidwes 11de 2008-09 (VI) Verbandsliga Suidwes 1ste 2009-10 (V) Oberliga Suidwes
Literatuur Süddeutschlands Fussball Geschichte in Tabellenform 1897-1988 deur Ludolf Hyll
Eksterne skakels Amptelike klubwerf The Abseits Guide to German Soccer
Oberliga Suidwes 2009/10-seisoen SV Auersmacher - SG 06 Betzdorf - SV Elversberg II - BFV Hassia Bingen - Eisbachtaler Sportfreunde - SV Rooiwit Hasborn-Dautweiler - SC Hauenstein - FC 08 Homburg - SC 07 Idar-Oberstein - SF Köllerbach - TuS Mayen - TuS Mechtersheim - Borussia Neunkirchen - FK 03 Pirmasens – SV Roßbach/Wied - SV Alemannia Waldalgesheim - SpVgg EGC Wirges - SVN 1929 Zweibrücken
Bingen